MONUMENTAAL

Ons doel is om 'n verskil in kinders se lewens te maak deur hulle te bemagtig om hul volle potensiaal te bereik, ongeag hul omstandighede.

Monumentaal FINAL COVER JOHAN

Groot lied werp nuwe lig op Afrikaner se Monumentale oomblikke

Na bykans 2 000 km en 5 dae se reis oor Suid-Afrika is die Afrikaner-monumente vasgevang soos nog nooit tevore nie. Dít vir die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit se nuwe musiekvideo en snit, Monumentaal, wat ’n terugblik gee op die Afrikaner se geskiedenis.

Ruhan, voorheen lid van Touch of Class, het die land aan sy lippe gehad met sy weergawe van die treffer, Sound of Silence. Hy sal ook herken word as een van die vyf manlike sangers wat die lied, Die Land, gesing het.
Na twee jaar se produksie saam met Coleske Artists is sy langverwagte solo album, Monumentaal, uiteindelik binnekort beskikbaar en die titelsnit het mense aan die gons.

“Die hoofdoel agter die snit is om opnuut ’n identiteit by die Afrikaner aan te wakker. Dit is asof daar ’n hopeloosheid onder baie Afrikaners broei wat verbreek moet word. Ek glo dit is nodig dat ons weer ons verlede moet onthou en trots daarop moet wees, sodat ons in geloof aan ’n toekoms kan bou,” vertel Ruhan oor die titelsnit.

Met die verfilming van die musiekvideo het Ruhan besluit om tien van die Afrikaner se mees merkwaardige landmerke te gaan besoek. Op sy roete het hy die Voortrekker Monument, die Paul Kruger Monument op Kerkplein asook die Paul Kruger Gereformeerde Kerk in Pretoria besoek. Hy was ook by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die Sarel Cilliers Gedenkteken in Kroonstad, die Slag van Bloedrivier Erfenisterrein in Dundee, Susanna Catharina (Maritz) Smit (bekend as die Kaalvoetvrou) se standbeeld in Bergville, die Paardekraal Monument in Krugersdorp en die Majuba Boereoorlog Monument in Volksrust.

“Die laaste erfenisjuweel is die simbool van die familie-Bybel, wat vir my ons belangrikste en grootste monument is. Ons geloof was en moet steeds die beweegrede agter ons grootste monumentale oomblikke wees,” voeg hy by.
Die musiekvideo kan nou op YouTube gekyk word:

youtube-video-thumbnail

Dr. Ehrhard Visser van Pretoria wat onlangs sy Ph.D navorsing in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria op die onderwerp van die Afrikaner subjek posisie in die “nuwe” Suid-Afrika gedoen het, dink Ruhan het ’n punt beet. “Afrikaners bevind hulself vandag in ’n identiteitskrisis en het nodig om weer te kan steun op iets wat hulle trots maak om ’n Afrikaner te wees,” vertel hy. “’n Fundamentele bousteen van enige persoon se identiteit is hul persepsie van waarvandaan hulle kom. ’n Wanpersepsie het stelselmatig onder Afrikaners ontstaan oor wie en wat hulle is. Dit word versterk deur uitlatings in die media sowel as nasionale beleid.”

Hy stem saam met Ruhan dat die Afrikaner se monumentale oomblikke uitstekende inspirasie kan bied om weer ’n trots in die Afrikaner se identiteit te vestig. “Die Afrikaner se geskiedenis is vol van helde en gebeure wat trots kan aanwakker. Dit vertel die verhaal van ’n groep mense wat nooit teruggestaan het vir enige bedreiging nie, wat die land se grond bewerk het en doelgerig gebou het aan ’n toekoms – diep gewortel in hul geloof,” sê Visser.
Monumentaal het aanleiding gegee tot die Ons is Monumentaal-inisiatief wat Ruhan pas saam met Solidariteit Helpende Hand van stapel gestuur het om kulturele armoede te verlig.

“Helpende Hand besef dat fisiese armoede nie die enigste armoede is wat ondervind word nie. Ons weet ook daar is geestelike en kulturele armoede. Daarom is dit vir ons ’n voorreg om deel van die liedjie en inisiatief te wees. Dit spreek kulturele armoede aan. Ons weet die fisiese armoede verniel mense tans. Ons weet ons is nog nie naby die stert van die nuwe koronavirus (Covid-19) en die impak daarvan nie, daarom is dit belangrik om mense ook toekomshoop te gee en ’n liedjie soos Monumentaal herinner ons aan die tye waardeur ons al is en wat die Afrikaner kan verrig. Monumente wys ons om nie te vrees nie, maar om vorentoe te kyk en met hoop en geloof die toekoms te gemoed te stap,” sê Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur.

Saam met hierdie inisiatief wil Ruhan mense verder aanmoedig om die monumentale oomblikke van hul lewens te begin vier. “Ek nooi mense uit om ’n foto van ’n monumentale oomblik in jou lewe te kies, en dit jou Facebook-profielfoto te maak. Gebruik die Monumentaal-raampie bo-op die profielfoto om só jou trots te begin dra en die mense om jou te laat dink oor hulle eie trots,” vertel hy. Die Facebook-raam kan hier afgelaai word: https://bit.ly/MonumentaalRaam

Monumentaal

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*
BnKMobile

MEER OOR BEMAGTIG 'N KIND

Kinders is die toekoms van ons samelewing, maar nie almal het gelyke toegang tot geleenthede nie. Die Bemagtig 'n Kind-projek, 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media, help behoeftige kinders om hul omstandighede te verbeter deur kritiese ondersteuning soos remediërende onderrig, terapie, en vervoer.

Uitbreiding van die projek

In 2023 het Ons Sentrum, 'n tak van Solidariteit Helpende Hand, deel geword van die Bemagtig 'n Kind-inisiatief. Ons Sentrum bied gespesialiseerde terapie aan kinders wat trauma ervaar het, soos mishandeling, verwaarlosing, gesinsgeweld, en egskeiding. Die fonds help kinders en gesinne wat hierdie dienste andersins nie kan bekostig nie.

HOE HELP ONS

Die Bemagtig 'n Kind-projek voorsien in 'n wye spektrum van behoeftes vir kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolleerders:

  • Ekstra klasse
  • Naskoolgelde
  • Terapie (spel-, spraak- en arbeidsterapie)
  • Vervoer na en van die skool
  • Koshuisgelde

(Let wel: Skoolgelde word nie ingesluit nie, aangesien gesinne kan aansoek doen vir kwytskelding indien nodig.)

ONS INVLOED

  • Meer as 80 leerders word reeds elke maand bygestaan.
  • Trauma-gebaseerde terapie help kinders om emosionele uitdagings te verwerk en beter op skool te presteer.

Word deel van hierdie inisiatief en help om hoop en 'n toekoms te skep vir ons kinders.

Maroela Media is jou Afrikaanse kuierplek op die internet, met gebalanseerde, betroubare nuus, en allerlei ander inhoud en lekkertes, alles in Afrikaans. Besoek maroelamedia.co.za vir al die jongste stories. Maroela Media is met trots deel van die Bemagtig ʼn Kind-inisiatief saam met Helpende Hand. Saam kan ons ʼn behoeftige kind se lewe verander.

ARTIKELS

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks-320x240

'n Ma se plan vir haar kind

Sy groot lyf en sterk hande laat hom veel ouer lyk as die 17-jarige skoolseun wat hy eintlik is...

vrou-alleen-bankie-pixabay-320x213

Bemagtig 'n kind: So word daar gehelp

Ons leef in 'n tyd waarin die sosiale en ekonomiese uitdagings al hoe groter word en soms voel dit asof die klein bietjie wat jy wel kan bydrae net...