GEMEENSKAPSONTWIKKELING
GEMEENSKAPSONTWIKKELING
Meer oor Gemeenskapsontwikkeling
GEMEENSKAPSONTWIKKELING-AFDELING
Omvattende gemeenskapsontwikkeling het verskillende fokuspunte, onder andere fisiese-, maatskaplike-, ekonomiese- en staatkundige ontwikkeling. Al die aspekte waarop gemeenskapsontwikkeling fokus, is uiters belangrik en ewe belangrik vir die effektiewe ontwikkeling van die gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand fokus veral op die maatskaplikgebaseerde ontwikkeling van gemeenskappe. Alhoewel maatskaplike werk net een aspek van gemeenskapsontwikkeling is, is dit van kardinale belang, net soos onderwys, watervoorsiening en elektrisiteitsvoorsiening.
Solidariteit Helpende Hand se Gemeenskapsontwikkeling-afdeling bestaan tans uit die volgende: Gemeenskapsentrums- Streekstrukture-, Maatskaplike Dienste-afdelings en Maatskaplike Ontwikkeling en navorsing (insluitend Orania).
Solidariteit Helpende Hand het bewys dat die skep van strukture en maatskaplike gemeenskapsontwikkeling en -opleiding, die volhoubare wyse is waarop gemeenskappe in krisisse kan oorleef.
By Solidariteit Helpende Hand word krisisse daagliks hanteer en is krisisse nie vir ons nuut nie. Dit is dan juis uit ’n gemeenskapskrisis dat hierdie organisasie in 1949 gebore is.
Hierdie afdeling skep geleenthede en dink nuut om nog sterker na vore te beur. Hier word nuwe geleenthede geskep, om ons fokusareas van ontwikkeling en bevordering van die Afrikaner-gemeenskappe aan te gryp en te versnel.
DOEL VAN DIE AFDELING
Die doel van hierdie afdeling is om gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling te bevorder, deur die vier vlakke binne die Solidariteit Helpende Hand-struktuur, naamlik hoofkantoor, streke, takke en nasionaal, in samewerking met die maatskaplike afdeling. Vir Solidariteit Helpende Hand is dit van groot belang om hierdie strukture te gebruik om die organisasie se gemeenskaplike doel aan te spreek en op alle vlakke uit te voer. Die organisasie se gemeenskaplike doel is om deur maatskaplike gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling op die fisiese, sosio-emosionele, kulturele en geestelike ondersteuning van kinders, gesinne, gestremdes en ouer persone te fokus, en ons sal hierdie fokus behou.
Verder het hierdie afdeling ook ten doel om vrywilligers en personeel so te rig dat die gesamentlike doelwitte nagestreef word met behulp van maatskaplike programme, asook nasionale projekte, streekprojekte en takprojekte.
Om al bogenoemde doelwitte te bereik, word fisiese strukture in elke gemeenskap geskep en is fonds- en ondersteunerswerwing van uiterste belang om sodoende aan die gemeenskap toegang tot dienste en projekte te gee.
Deur die nodige strukture te skep, hulpbronne in plek te stel, netwerke te bou en fondswerwing te bevorder, kan ons die gemeenskappe beter bedien en ontwikkel, en spesifiek binne die geïdentifiseerde ankergemeenskapstrategie van die Solidariteit Beweging.
a) Maatskaplike ondersteuning aan die individu en gemeenskap
Helpende Hand fokus op die hart van die individu en gemeenskappe en vra die volgende vraag: “Hoe gaan dit met die Afrikaner-individu en -gemeenskap se gemoed, sieninge en denke?” Helpende Hand dryf die individu en gemeenskappe om hul egokragte en wilsbeweging (die eie wil om verandering/beweging teweeg te bring) tot aksie te laat oorgaan, sodat hulle hul volle potensiaal as individue binne ’n gemeenskap kan bereik.
b) Vir die gemeenskap, deur die gemeenskap
Solidariteit Helpende Hand glo dat die individu nooit ’n losstaande entiteit is nie en dat gemeenskapsgeborgenheid noodsaaklik is. Dit is egter nie noodwendig vir ’n gemeenskap moontlik om op alle vlakke geborgenheid te ervaar nie, en daarom bied SHH fisiese, sosio-emosionele, kulturele en geestelike ondersteuning aan die gemeenskap deur die gemeenskap, deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling.
c) Fokus op die ontwikkeling/opheffing/opleiding van gemeenskapslede
Solidariteit Helpende Hand is oortuig daarvan dat basiese opleiding en ontwikkeling aan individue binne hul gemeenskappe gebied moet word. Hierdie basiese maar kritiese opleiding en ontwikkeling is nodig om mense te bemagtig. Indien ’n persoon bemagtig of tot wilsbeweging gebring kan word, kan die persoon meer suksesvol begelei word om oplossings vir hul huidige uitdagende lewensituasies te vind. Ons is oortuig dat opleiding en ontwikkeling van die mens die belangrikste sleutel tot volhoubaarheid en selfstandigheid is.
Dit is die wyse waarop gesonde gemeenskappe geskep word, waar gemeenskapslede met geleenthede en hoop toegerus kan word, waar selfversorging ’n werklikheid gemaak kan word en waar werksekerheid bevorder kan word.
1. Werwing van passievolle ondersteuners, verdere stigting van en ondersteuning aan nuwe en bestaande takke en dorpsverteenwoordigers;
2. Bou van netwerkvennote en hulpbron-ontginning tot voordeel van die onderskeie gemeenskappe;
3. Fondswerwing;
4. Samewerking en ondersteuning aan maatskaplike werkers om uitvoering van ondersteuningsprogramme in gemeenskappe te bewerkstellig;
5. Bevordering en versterking van gemeenskapstudiefondse; en
6. Die skep van HOOP en ’n TOEKOMS deur die gemeenskapstrukture.
Solidariteit Helpende Hand begrond sy werksaamhede vanuit ’n Christelike perspektief en beginsels, waar die individu in sy gemeenskap herken word. Die balans tussen die individue en die groep is uiters belangrik. Christene verstaan dat die groep en die individu nie in stryd met mekaar is nie. Die uniekheid van elke mens word, volgens ’n godsbeeld, erken. Individue het hul eie naam, eie persoonlikheid, aard, ruimte, talente en gawes, wat nie in stryd met mekaar is nie. Die mens word eerstens geskep om ’n band met God te hê en tweedens met ander. Dus bestaan daar ’n begrip dat die mens geskep word om sy gawes aan te wend om ander (hul gemeenskap) te dien. Die siening beklemtoon die begrip dat die individue ook verantwoordelikheid moet neem om na mekaar om te sien, wat die gemeenskapsgedagte is.
Hierdie Christelike perspektief en beginsels waarop Solidariteit Helpende Hand begrond is, kan soos volg saamgevat word:
a) Elke mens is uniek, geskape na God se beeld en word geroep in God se koninkryk.
b) Hierdie roeping is nie individualisties of sosialisties nie, maar dui op ’n verbondenheid aan God en aan mekaar.
c) Daarom is dit nodig dat elke individu, gemeenskap en gemeenskapsontwikkelingsplan die eer van God voorop stel.
d) Om die eer van God voorop te stel, beteken dat almal binne hul vermoë en gawes maksimale potensiaal bereik.
’n Roepingsgedrewe personeellid, maatskaplike werker of streeksorganiseerder se rol is dus om die balans in die samelewing tussen die individu en die gemeenskap te fasiliteer, om optimale funksionering van die individu binne sy/haar unieke gemeenskap te bewerkstellig, sodat die individu en die gemeenskap ’n totale verbondsgemeenskap kan wees, tot eer van God, tot versterking van mekaar en tot doelgerigte gemeenskapsontwikkeling.
Solidariteit Helpende Hand se strategie sluit die vestiging van selfstandige ankergemeenskappe in, waar gemeenskapslede se welstand deur fisiese, sosio-emosionele, kulturele en geestelike ondersteuning bevorder sal word sodat hulle vry, veilig en voorspoedig kan leef.
Solidariteit Helpende Hand gaan binne die ankergemeenskapstrategie toesien dat die volgende organisasies/instansies/dienste vir gemeenskapslede beskikbaar is, maar dit sal nie noodwendig deur Solidariteit Helpende Hand bestuur of gestig word nie.
Kerke
Tehuise vir ouer persone
Tehuise vir die versorging van persone wat leef met gestremdhede
Maatskaplike statutêre organisasie
Kliniek – gesinsbeplanning en versorging
Skole en kleuterskole
Daar word wel beoog om in elke ankergemeenskap ’n gemeenskapsentrum te vestig. ’n Gemeenskapsentrum is ’n gebou of ’n terrein wat hoofsaaklik gebruik word vir gemeenskapsdienste of aktiwiteite wat die fisiese, sosio-emosionele, kulturele en geestelike ondersteuning van persone binne die gemeenskap bevorder.
’n Gemeenskapsentrum is die plek en hulpbron waar:
a) inwoners kan ontmoet, veilige en aangename aktiwiteite kan bywoon of dit self kan organiseer;
b) die gemeenskapsinteraksie bydra tot die ontwikkeling van 'n vriendelike, ondersteunende gemeenskap, waar ondersteuning veral in areas van belang aangebied word;
c) die gemeenskap verhoudings kan bou en fokus op die bou van ’n gemeenskapsidentiteit; en
d) professionele dienste aan die gemeenskap gelewer kan word.
’n Solidariteit Helpende Hand-vrywilliger is ’n persoon uit die gemeenskap wat hom- of haarself beskikbaar stel of wat aktief 'n taak, verantwoordelikheid of projek aanvaar sonder ’n beloning of vergoeding. 'n Helpende Hand-vrywilliger ontvang nie ’n salaris nie. ’n Vrywilliger is enige iemand wat sy tyd, hulp, kennis of kundigheid sonder vergoeding aanbied. Dit kan wees in reaksie op 'n versoek of deur die inisiatief te neem om self aan te klop.

Streke
GEMEENSKAPSTRUKTURE
Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit 12 streke met 15 streeksorganiseerders wat in nege provinsies gestasioneer is, 193 takke en/of dorpsverteenwoordigers.
12
STREKE
15
STREEKSORGANISEERDERS
9
PROVINSIES
193
TAKKE
KONTAK JOU STREEK OM BY JOU NAASTE TAK BETROKKE TE RAAK OF VIR ENIGE NAVRAE
LIMPOPO
Marianthie van der Walt
Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 741 7858
MPUMALANGA EN KZN-NOORD
NOORD-KAAP
NOORD-WES
OOS-KAAP EN KZN
OOS-RAND
PRETORIA
PRETORIA-OOS
PRETORIA SENTRAAL
VRYSTAAT
WES-KAAP
Marlise Labuschagne
Assistent Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 071 390 7766
Mariette Roos
Assistent Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 493 0763
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Sentrums
SENTRUMS
Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek 1: Strand; Ons Plek 2: Derdepoort; en Ons Plek 3: Volksrust, en twee mediese ondersteuningsprojekte. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums 158 kinders tesame in die onderskeie na-skoolsentrums, terwyl die sentrum in Ons Plek: Strand 9 kleuters en Ons Plek: Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.
ONS PLEK
STRAND
ONS PLEK
DERDEPOORT
ONS PLEK
VOLKSRUST
ONS PLEK
SUIDKUS
ONS SENTRUM
PRETORIA-NOORD
Danie Theronstraat 218, Pretoria-Noord
KONTAK ONS SENTRUMS
Maatskaplike Werk Dienste
MAATSKAPLIKE WERK DIENSTE AFDELING
Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werk dienste afdeling bestaan uit ’n span maatskaplike werkers en hulp-maatskaplike werkers wat in die onderskeie streke gestasioneer is.
Hierdie span word as agente van verandering beskou deurdat hulle die Godgegewe talente en gawes van gemeenskappe deur doelgerigte maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling ontgin. In samewerking met die streeksorganiseerders en vrywillige takke van Helpende Hand mobiliseer die maatskaplike werk dienste afdeling hulpbronne binne gemeenskappe en dienslewering se fokus is ingestel op die volgende kwesbare groepe:
- Kinders
- Gesinne
- Persone met gestremdhede
- Ouer persone.
Die maatskaplike werk dienste afdeling lewer ook die volgende kerndienste binne die raamwerk van Helpende Hand:
- Doelgerigte maatskaplike oriëntering, -opleiding en ondersteuning aan Helpende Hand se vrywilligertakke.
- Professionele hantering van maatskaplike aangeleenthede in samewerking met geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies.
- Evaluering van hulpversoeke deur middel van ’n omvattende assesseringsproses en aanbevelings wat volhoubare oplossings bied.
- Uitbou en versterking van netwerkverhoudings binne die onderskeie gemeenskappe deur Gemeenskapsforums met die volgende rolspelers te stig:
- Skole
- Kerke
- Kinderbeskermingsorganisasies
- Nie-winsgewende organisasies wat dienste binne ’n bepaalde gemeenskap lewer.
- Die opstel en uitrol van Gemeenskapsgebaseerde ontwikkelingsprogramme en -projekte.
- Die opstel van ’n verskeidenheid hulpgidse ten einde gemeenskappe op hoogte te bring van maatskaplike aangeleenthede.
- Publikasies van verrykende en opbouende leesstof op sosiale en ander mediaplatforms.
- Navorsing ten einde die ware behoeftes van gesinne, gemeenskappe, residensiële instansies vir seniors, persone met gestremdhede en kinders te bepaal deur middel van gemeenskapontleding-vraelyste. Die navorsingsresultate verseker dat alle projekte en programme wat deur Solidariteit Helpende Hand uitgerol word, volhoubaar is en nie afhanklikheid skep nie.
- Verwysing van terapeutiese dienste wat deur Ons Sentrum gelewer word.
- Koördinering en implementering van die Bemagtig-’n-kind-projek.
Die maatskaplike werk dienste afdeling van Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om die volgende funksies te vervul nie:
- Statutêre Maatskaplike Dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike dienste te kan lewer nie, naamlik:
- Die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet Nr. 38 van 2005.
Die Maatskaplike Werk Dienste Afdeling is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens bogenoemde Wet te verskaf en persone na geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies te verwys.
- Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn nie-winsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
- Verbands- of huuronkostes
- Elektrisiteitsrekeninge
- Herstelkostes aan wonings
- Trek- of reisonkostes
- Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
- Begrafnisdienste
- Borgskappe
- Behuising
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie - die maatskaplike werker kan egter waar moontlik kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.
Nasionale Takke
NASIONALE TAKKE
NASIONALE TAK VIR GEHOORGETREMDHEID
NASIONALE MOTORFIETSKLUB TAK
NASIONALE TAK VIR AKADEMIA STUDENTE

KONTAK ONS
Navorsing
NAVORSING
Solidariteit Helpende Hand Navorsing dra die verantwoordelikheid om tot voordeel van die samelewing op te tree en d.m.v. navorsingsresultate die doelwitte van die organisasie te bevorder en volhoubare oplossings vir maatskaplike kwessies in gemeenskappe te vind.
Enige maatskaplike vraagstuk soos bv., armoede of maatskaplike wanfunksionering van mense, vereis kennis van hierdie vraagstukke, voordat ’n ondersoek begin oor hulpverleningsprosesse. Kennis is noodsaaklik oor wat verkeerd is, voordat beplanning begin hoe sake reg gemaak word. Dit gaan nie net oor die hulpverleningsproses nie, dit gaan ook oor deeglike kennis van ’n maatskaplike bestaansnood wat ontwikkel het.
Dr. Rina Venter
ONS DOELWIT:
- Om empiriese data op ’n verstaanbare en kreatiewe wyse uit te beeld wat ten voordeel van die organisasie en sy belangegroepe strek.
’n Getroue navorsing-afdeling maak dit moontlik om akademiese maatskaplike vraagstukke te antwoord en ’n kennisreservoir in gemeenskapsontwikkeling op te bou.
Klik op die skakels hieronder om die navorsingsverslae te bekom.
Opleiding
OPLEIDING
Ons is oortuig daarvan dat basiese opleiding en ontwikkeling aan individue binne hul gemeenskappe gebied moet word, tot opbou en ontwikkeling van die gemeenskap as geheel. Hierdie basiese opleiding en ontwikkeling is nodig om mense te bemagtig. Indien ’n persoon bemagtig of tot wilsbeweging gebring kan word, kan die persoon meer suksesvol begelei word om oplossings vir hul huidige uitdagende lewensituasies te vind. Ons is oortuig dat opleiding en ontwikkeling van die mens die belangrikste sleutel tot volhoubaarheid en selfstandigheid is. Dit is die wyse waarop gesonde gemeenskappe geskep word, waar gemeenskapslede met geleenthede en hoop toegerus kan word, waar selfversorging ’n werklikheid gemaak kan word en waar werksekerheid bevorder kan word.
Verder glo ons aan ’n saamwerkende benadering, deur die opbou van netwerkvennote, wat ten doel het om ’n netwerk van dienste te skep en te bevorder. Organisasies moet saamspan met ander wat hulle doelwitte en oogmerke deel.
Daarom vat Solidariteit Helpende Hand hande met verskillende netwerkvennote ook om opleidingsgeleenthede vir ons belangegroepe moontlik te maak.
Ons vat hande met:
- Serwalo opleidingsakademie om gedeeltelike beurslenings vir studente moontlik te maak in haarkappery.
- Imbalie Beauty skoonheidsakademie om opleiding in n verskeidenheid skoonheidskursusse moontlik te maak.
- Susca Watts akademie om kursusse in besigheidsadministrasie vir studente moontlik te maak.
- Guvon akademie om kursusse in die gasvryheidsbedryf beskikbaar te stel aan studente.
Gracia Via om tuisversorging opleiding vir studente moontlik te maak. So word ‘n behoefte ook in ons gemeenskappe aangespreek deur betroubare en bekwame tuisversorgers beskikbaar te stel aan ons bejaardes.
Werk en Welstand

ORANIA WERK EN WELSTAND
Die Orania Werk en Welstand-kantoor is die eerste van sy soort. Hierdie kantoor is deur Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in Orania geopen, om die werk- en welstandbehoeftes van werknemers en werkgewers aan te spreek.
Gesonde omgewing, gesonde mense, gesonde werknemers, skep ‘n gelukkige omgewing, gelukkige mense, gelukkige werknemers.
Mense moet bemagtig word met soveel as moontlik kennis en vaardighede rakende die wêreld van werk.
Orania Werk en Welstand fokus dus daarop om mense goed te laat werk en om dit volhoubaar te maak. Dit sluit werk, maar ook die mens wat werk, in. Werkgewer- en werknemerwelstand beïnvloed die manier waarop gewerk word en daarom moet ons daarop fokus om optimale welstand te verseker. ‘n Gebalanseerde werknemer en/of werkgewer verseker op die ou end ‘n gelukkige werksomgewing.
Werk en Welstand loods verskeie projekte wat poog om optimale werksverhoudinge te verseker en ook om die werksomgewing en welstand van werknemers te verbeter.
KANTOOR WORD BEMAN DEUR:
Sanri Stone van Solidariteit vir die werk-spesifieke kwessies.
[email protected]
Inligtingstukke & Publikasies
Kontak ons
VIR ENIGE NAVRAE KONTAK ONS BY:
[email protected] | 012 111 8360
Bestuur
Navorsing en maatskaplike ontwikkeling
Elsha Hermann
Hoof: Navorsing en Maatskaplike Ontwikkeling |
E-posadres: [email protected]
Hannie Viljoen
Hoof: Navorsing |
E-posadres: [email protected]
Maatskaplike werk dienste
Isabel Faurie
Hoofkantoor: Maatskaplike Werker (MW) |
E-posadres: [email protected]
STREKE
Limpopo
Marianthie van der Walt
Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 741 7858
Mpumalanga en KZN-Noord
Noord-Kaap
Noord-Wes
Oos-Kaap en KZN
Oos-Rand
Pretoria
Pretoria-Oos
Pretoria Sentraal
Vrystaat
Wes-Kaap
Marlise Labuschagne
Assistent Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 071 390 7766
Mariette Roos
Assistent Streekorganiseerder |
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 493 0763