Orania Werk en Welstand Logo_Print Ready_Page_1

Orania Werk en Welstand

Die Orania Werk en Welstand-kantoor is die eerste van sy soort. Hierdie kantoor is deur Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand in Orania geopen, om die werk- en welstandbehoeftes van werknemers en werkgewers aan te spreek.

Gesonde omgewing, gesonde mense, gesonde werknemers, skep ‘n gelukkige omgewing, gelukkige mense, gelukkige werknemers.

Mense moet bemagtig word met soveel as moontlik kennis en vaardighede rakende die wêreld van werk.

Orania Werk en Welstand fokus dus daarop om mense goed te laat werk en om dit volhoubaar te maak. Dit sluit werk, maar ook die mens wat werk, in. Werkgewer- en werknemerwelstand beïnvloed die manier waarop gewerk word en daarom moet ons daarop fokus om optimale welstand te verseker. ‘n Gebalanseerde werknemer en/of werkgewer verseker op die ou end ‘n gelukkige werksomgewing.

Werk en Welstand loods verskeie projekte wat poog om optimale werksverhoudinge te verseker en ook om die werksomgewing en welstand van werknemers te verbeter.

KANTOOR WORD BEMAN DEUR:

Sanri Stone van Solidariteit vir die werk-spesifieke kwessies.
[email protected]