SUSANNA SMIT STUDIEFONDS
Ons wil behoeftige vroue en meisies bemagtig om hul studiedrome met finansiële ondersteuning en emosionele bemoediging na te jaag. So help ons hulle bou aan selfstandige toekomsplanne.
MEER OOR SUSANNA SMIT STUDIEFONDS
Die Susanna Smit Studiefonds is 'n spesiale inisiatief van Solidariteit Helpende Hand se FroueVonds*. Dit is vernoem na Susanna Catharina Smit, née Maritz. Haar legendariese woorde: "Ons trek liewer kaalvoet oor die Drakensberge …" eggo vandag steeds die moed, deursettingsvermoë en hoop van vroue in Suid-Afrika. Hierdie fonds vir rentevrye studielenings maak dit vir meisies en vroue moontlik om hul studiedrome ten spyte van finansiële struikelblokke te verwesenlik.
*"FroueVonds" word met opset verkeerd gespel om ons slagspreuk te beklemtoon: want alles loop nie altyd reg nie.
STEEDS VROU DIGBUNDEL
Oor die bundel
Steeds Vrou is ’n digbundel wat 20 gedigte elk van René Roux, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, en Alta Strauss, bekende skrywer en motiveringspreker, bevat. Hierdie diepgaande gedigte handel oor verlies en die pad na hoop.
Doel
Om vroue in Suid-Afrika te inspireer en te ondersteun met woorde van hoop en genesing, veral in moeilike tye.
Raak betrokke
Borg 'n lening of skenk aan die fonds en help ons om 'n jong vrou se toekoms moontlik te maak:
- Maak 'n eenmalige of herhalende skenking.
- Ondersteun die fonds met 'n erflating of projekbydrae.
- Deel ons storie met ander wat graag vroue wil help om hul drome te bereik.
HOE HELP ONS
- Rentevrye studielenings: Helpende Hand bied rentevrye studielenings sonder die bykomende las van rente aan vroue wat hul tersiêre opleiding wil voltooi.
- Bevordering van hoop: Ons gee vroue die geleentheid om oor hul eie "Drakensberge" te trek en hul doelwitte te bereik, ongeag hul omstandighede.
- Ondersteuning vanuit roeping: Hierdie projek is gewortel in Helpende Hand se Christelike roeping om hoop en selfstandigheid te bevorder.