BOESEMVRIENDINNE
Boesemvriendinne verskaf gebreide of gehekelde borsprosteses aan vroue wat hul borste weens borskanker verloor het en nie silikoonprosteses of borsrekonstruksie kan bekostig nie.
MEER OOR BOESEMVRIENDINNE
Solidariteit Helpende Hand en die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) werk saam aan die Boesemvriendinne-projek wat vroue met borskanker ondersteun. Die projek vorm deel van ons jaarlikse Breinaald-projek wat mense se liefde vir brei en hekel aanwend om 'n tasbare verskil in hul gemeenskappe te maak. Boesemvriendinne verskaf gebreide of gehekelde borsprosteses aan vroue wat hul borste weens borskanker verloor het en nie silikoonprosteses of borsrekonstruksie kan bekostig nie.
Doel
- Om sagte, handgemaakte borsprosteses aan vroue in nood te skenk
- Om bewustheid van borskanker te verhoog
- Om gemeenskappe, veral ons bejaardes, te betrek by betekenisvolle, ondersteunende handwerk
Hoe dit werk
- 'n Breipakket kos R65 en bevat sintetiese wol, vulmateriaal en 'n patroon om 'n prostese te brei of te hekel.
- Vrywilligers reg oor die land brei die prosteses tuis en stuur dit terug vir verspreiding.
- Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand. In Oktober word die prosteses aan Kansa-kantore landwyd oorhandig vir verspreiding aan vroue wat dit benodig.
ONS SKENKINGSOPSIES
- Koop 'n brei- of hekelpakket en brei of hekel prosteses.
- Skenk eenmalig 'n bydrae by helpendehand.co.za/donasie met BREIKANSA as verwysing.
Raak betrokke
- Stuur 'n e-pos na chandre@helpendehand.co.za om 'n brei- of hekelpakket aan te koop en brei of hekel self 'n prostese. Deel die projek met ander of ondersteun iemand in jou omgewing wat brei of hekel.
- Skenk eenmalig 'n bydrae met BREIKANSA as verwysing.
- Koop Boesemvriendinne-sokkies. Dit is sokkies van hoë gehalte wat in vennootskap met Sox Footwear en USN ontwerp is. Die opbrengs uit die verkope van dié kleurvolle sokkies word gebruik om brei- en hekelpakkette vir prosteses saam te stel.
Dinamika Finansiële Dienste is ‘n trotse borg van die projek.