Oorwinning begin by die eerste tree
Deur Tarina Hattingh
Solidariteit Helpende Hand wil graag hierdie boek saam met Tarina beskikbaar stel op digitale kanale sodat almal kan deel in haar getuienis. Getuienisse van genesing versterk hoop en geloof. Hulle herinner ons dat daar krag is in geloof en dat ons nie alleen is in ons stryd vir gesondheid nie. Hierdie verhale van heling erken die wonderwerke wat in ons lewens gebeur het en bring 'n gevoel van dankbaarheid en waardering vir die geskenk van gesondheid en die liefde van God.
Verder moedig sulke getuienisse ander aan om te bid vir hulle eie genesing en die genesing van hulle geliefdes. Dit herinner ons dat ons 'n kragtige God dien wat in staat is om te genees en dat ons op Hom kan vertrou.
Die deel van genesingsverhale skep 'n gevoel van verbondenheid en gemeenskap met ander wat dalk soortgelyke ervarings gehad het. Dit laat ons voel ons is nie alleen nie en moedig ons aan om mekaar te ondersteun en lief te hê. Deur hierdie verhale te deel, glo en vertrou ons in God se genade en liefde. Dit herinner ons dat Hy ons nie verlaat nie en dat Hy ons liefhet met 'n ewige liefde.
Tarina skryf: "Ek is oorlaai met soveel emosies wat ek nie kan beskryf nie. Daar brand egter een behoefte in my hart brand, en dit is om my oorvloedige emosie van hoop en my storie van bemoediging te deel met elkeen wat steeds in 'n stryd teen kanker gewikkel is. Dit is ook vir elkeen wat die stryd verloor het, vir elkeen wat moes beleef hoe 'n geliefde die stryd moes stry en oorwin of verloor, en elkeen wat nog die pad gaan moet stap, en die stryd gaan moet stry."
Laai gerus die boek hier af
"*" indicates required fields