Wat is die bejaarde projekte?
Bejaardes lê Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe fokus Helpende Hand om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om die Afrikaner-volk te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hulle lewens.
In 2018 gaan ons ’n nuwe opwindende nasionale bejaarde-projek loods. Kyk gerus vroeg in die nuwe jaar op ons webblad vir meer inligting hieroor.
Breinaald-projek
Baie senior dames is baie lief daarvoor om te brei, maar hulle kan nie meer die wol bekostig nie. Brei en hekel hou baie voordele vir seniors in. Dit verbeter hul selfbeeld, verminder simptome van stres, angstigheid en depressie, hou hul brein aktief, beveg artritis en so kan ons aangaan.
Helphoor-projek
Die HelpHoor-projek is ’n deurlopende projek om behoeftige ouer persone te voorsien van gehoorapparate. Tweedehandse gehoorapparate word ingesamel, gediens en skoongemaak om weer vir die ouer persone gepas te word.
Katarakchirurgie
Daar is ‘n reuse-aanvraag na katarak chirurgie vir ouer persone en die projek poog om jaarliks 40 behoeftige ouer persone van ’n gratis karatakverwydering te voorsien, soos in die afgelope drie jaar reeds gedoen is.
Seniors-in-aksie-projek
Seniors lê ons by Helpende Hand baie na aan die hart. Solidariteit Helpende Hand sien dit as ons roeping om al ons belangegroepe, dus ook ons seniors op ’n holistiese vlak te ontwikkel en te ondersteun.
SKYN-projek
Die SKYN-projek is gebore uit navorsing wat in 2019 onder behoeftige bejaardes en bejaardetehuise gedoen is. In hierdie navorsing het Helpende Hand bevind dat munisipale rekeninge vir 87% van die tehuise hul tweede, of derde grootste uitgawe is.
Ere-ondersteuner-projek
Dankbaarheid gaan altyd oor tot aksie, en deel van Helpende Hand se dankie-sê-aksie is dat ons graag ’n netwerk van ere-ondersteuners wil skep.