SOLIDARITEIT HELPENDE HAND BEROEPE
Bemagtig jouself terwyl jy ander bemagtig
By Solidariteit Helpende Hand is jou werk meer as net 'n beroep – dit is 'n roeping om lewens te verander en gemeenskappe te versterk.
WAAROM BY ONS WERK
Gemeenskap en spanwerk
Ons kweek 'n kultuur van samehorigheid, ondersteuning en uitnemendheid.
Voortdurende groei
Ontvang professionele ontwikkeling en opleiding wat jou toerus om effektief in gemeenskappe te werk.
Diverse projekte
Skakel in by volhoubare en innoverende inisiatiewe. Van die StopHonger-projek tot die opleiding van tuisversorgers bied elke projek 'n nuwe uitdaging wat jou werk dinamies en betekenisvol maak.
Volhoubare oplossings
Dra by tot langtermyn oplossings wat veerkragtige gemeenskappe bou.
VOORDELE
Markverwante salarisse, mediese fondse, aftreeplanne, 22 dae vakansieverlof, betaalde studieverlof, vol-betaalde kraamverlof, gesinsverantwoordelikheidverlof en menslikheidsverlof.
WERK-LEWE-BALANS
Buigsame ure en 'n gesinsvriendelike kantooromgewing wat jou professionele en persoonlike lewe ondersteun.
ERKENNING
Jaarlikse salarisaanpassings, loopbaanontwikkeling, en viering van jou prestasies.
GEMEENSKAPS-BETROKKENHEID
Vrywillige geleenthede en projekte waar jy jou impak direk kan sien.
CHRISTELIKE, AFRIKAANSE WERKSOMGEWING
Werk in 'n ruimte wat Christelike en Afrikaanse waardes vier en integreer in die daaglikse bedrywighede.

Jou rol in ons missie
Word deel van Solidariteit Helpende Hand en wees 'n katalisator vir verandering. Hier is jou werk nie net 'n werk nie, maar 'n passievolle bydrae tot 'n sterker, selfstandige Afrikanergemeenskap.