Maatskaplike werk dienste afdeling

Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werk dienste afdeling bestaan uit ’n span maatskaplike werkers en hulp-maatskaplike werkers wat in die onderskeie streke gestasioneer is.

Hierdie span word as agente van verandering beskou deurdat hulle die Godgegewe talente en gawes van gemeenskappe deur doelgerigte maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling ontgin. In samewerking met die streeksorganiseerders en vrywillige takke van Helpende Hand mobiliseer die maatskaplike werk dienste afdeling hulpbronne binne gemeenskappe en dienslewering se fokus is ingestel op die volgende kwesbare groepe:

  • Kinders
  • Gesinne
  • Persone met gestremdhede
  • Ouer persone.

Die maatskaplike werk dienste afdeling lewer ook die volgende kerndienste binne die raamwerk van Helpende Hand:

  • Doelgerigte maatskaplike oriëntering, -opleiding en ondersteuning aan Helpende Hand se vrywilligertakke.
  • Professionele hantering van maatskaplike aangeleenthede in samewerking met geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies.
  • Evaluering van hulpversoeke deur middel van ’n omvattende assesseringsproses en aanbevelings wat volhoubare oplossings bied.
  • Uitbou en versterking van netwerkverhoudings binne die onderskeie gemeenskappe deur Gemeenskapsforums met die volgende rolspelers te stig:
  • Skole
  • Kerke
  • Kinderbeskermingsorganisasies
  • Nie-winsgewende organisasies wat dienste binne ’n bepaalde gemeenskap lewer.
  • Die opstel en uitrol van Gemeenskapsgebaseerde ontwikkelingsprogramme en -projekte.
  • Die opstel van ’n verskeidenheid hulpgidse ten einde gemeenskappe op hoogte te bring van maatskaplike aangeleenthede.
  • Publikasies van verrykende en opbouende leesstof op sosiale en ander mediaplatforms.
  • Navorsing ten einde die ware behoeftes van gesinne, gemeenskappe, residensiële instansies vir seniors, persone met gestremdhede en kinders te bepaal deur middel van gemeenskapontleding-vraelyste. Die navorsingsresultate verseker dat alle projekte en programme wat deur Solidariteit Helpende Hand uitgerol word, volhoubaar is en nie afhanklikheid skep nie.
  • Verwysing van terapeutiese dienste wat deur Ons Sentrum gelewer word.
  • Koördinering en implementering van die Bemagtig-’n-kind-projek.

Die maatskaplike werk dienste afdeling van Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om die volgende funksies te vervul nie:

  • Statutêre Maatskaplike Dienste:

Helpende Hand beskik  nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike dienste te kan lewer nie, naamlik:

  • Die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet Nr. 38 van 2005.

Die Maatskaplike Werk Dienste Afdeling is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens bogenoemde Wet te verskaf en persone na geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies te verwys.

  • Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn nie-winsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:

  • Verbands- of huuronkostes
  • Elektrisiteitsrekeninge
  • Herstelkostes aan wonings
  • Trek- of reisonkostes
  • Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
  • Begrafnisdienste
  • Borgskappe
  • Behuising

Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie - die maatskaplike werker kan egter waar moontlik kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Om maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling in gemeenskappe te bevorder deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning, sodat die mens deur sy gemeenskap tot ’n ontwikkelde, selfstandige, selfverantwoordelike en optimale funksionerende persoon gedryf word, wat gesonde, funksionerende gemeenskappe tot gevolg het. Die uitkoms moet ʼn toekoms wees waarin die Afrikaner-kultuurgemeenskap, vry, veilig en voorspoedig kan wees.