Helphoor

Gee die geskenk van gehoor.

MEER OOR HELPHOOR

HelpHoor is 'n spesiale inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat daarop gemik is om gehoorapparate beskikbaar te stel aan ouer persone wat dit nie kan bekostig nie. Tweedehandse gehoorapparate word ingesamel, skoongemaak, professioneel gediens en ingestel vir hergebruik. 'n Eenvoudige daad met 'n lewensveranderende impak.

Doel

Ons wil ouer persone met gehoorverlies met bekostigbare toegang tot gehoorapparate help om weer volwaardig aan hul gesinslewe en gemeenskap se aktiwiteite deel te neem.

Hoe ons help

  • Ons samel ongebruikte gehoorapparate in en laat dit professioneel skoonmaak en diens.
  • Ons werk saam met kundige vennote soos die landswye Oorinstituut, Suné Ferreira se Instituut vir Gehoor in Pretoria, en Deon Ceronio se Gehoorsentrum in Bloemfontein.
  • Met die hulp van plaaslike oudioloë brei ons die projek geleidelik uit na ankergemeenskappe landswyd.

Hoe jy kan help

  • Skenk ongebruikte of tweedehandse gehoorapparate.
  • Raak as oudioloog betrokke in jou gemeenskap. Jou kundigheid maak 'n verskil.

Sluit aan

Help ons om ouer mense die geskenk van beter gehoor te gee en deel van gesprekke te maak. 'n Gehoorapparaat kan die stiltes vul met lewenslus, kontak en waardigheid.

Stuur 'n e-pos na bejaardes@helpendehand.co.za vir meer inligting of om gehoorapparate te skenk.