WIE IS SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand is ‘n Christelike welstandsorganisasie
wat met werksyn en deur middel van netwerke en instellings welstand
in en deur die Afrikaner-gemeenskap bevorder.

WAT BIED SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Toegang tot die geleentheid om te studeer deur die Studietrust

Vaardigheidsoplei-ding in versorging deur die SHH Opleidingsinstituut

Welstandsgerigte gemeenskaps-ontwikkeling-struktuur

Praktiese projekte waarby die gemeenskap betrokke kan raak

Gemeenskapskonsessie-netwerk van Ons Winkel

Kleuterskool- en naskooldienste deur

Toegang tot die geleentheid om te studeer deur die Studietrust

Vaardigheidsoplei-ding in versorging deur die SHH Opleidingsinstituut

Welstandsgerigte gemeenskaps-ontwikkeling-struktuur

Praktiese projekte waarby die gemeenskap betrokke kan raak

Gemeenskapskonsessie-netwerk van Ons Winkel

Gemeenskapskonsessie-netwerk van Ons Winkel

Solidariteit Helpende Hand is ’n Christelike organisasie sonder winsoogmerk.

Helpende Hand is deel van die groter Solidariteit Beweging en is geskoei op die beginsels van die Helpmekaar Beweging wat in 1949 gevestig is. Ons bevorder werkskepping, selfstandigheid en volhoubare welstand binne en deur die Afrikaner-gemeenskap. Ons fokus is maatskaplike opheffing, kulturele versterking en ekonomiese bemagtiging as die boublokke van ’n vooruitstrewende gemeenskap.

Ons benadering rus op selfhelp, selfbeskikking en aktiewe gemeenskapsdeelname. Ons help individue en gemeenskappe om verantwoordelik, funksioneel en selfstandig te leef deur projekte, opleiding, opvoeding en die vestiging van volhoubare netwerke en strukture.

Ons dra spesiale sorg aan die beskerming van die mees kwesbare lede van ons gemeenskap: kinders, bejaardes en mense met gestremdhede. Hierdie groepe word ondersteun deur versorgings- en terapeutiese programme wat hul welsyn, veiligheid en waardigheid verseker.

Ons netwerk sluit in:

  • Ons Winkels, Ons Plekke en Ons Sentrums – strukture wat praktiese ondersteuning binne gemeenskappe bied;
  • Die SHH Opleidingsinstituut – vaardigheidsontwikkeling en beroepsopleiding vir onder meer, versorgers;
  • Die Helpende Hand Studietrust – studiehulp en beurse vir Afrikaanse studente;
  • Selfgedrewe projekte – plaaslike inisiatiewe wat gemeenskapsbetrokkenheid en selfbestuur bevorder in 14 streke en nagenoeg 230 takke regoor Suid-Afrika.

Ons definieer welstand as die kulturele, fisiese, sosio-emosionele, geestelike en finansiële gesondheid van individue en gemeenskappe. Daarom skep ons ruimte waar mense met roeping, verantwoordelikheid en waardigheid kan floreer.

Ons bly getrou aan die waardes van roeping, verbondenheid, uitnemendheid, naasteliefde, getrouheid en selfhelp – die kern van alles wat ons doen.

Waar kom ons fondse vandaan

Helpende Hand bou volhoubare strukture sonder staatsondersteuning of staatshulp. Ons Helpende Hand familie dra ons. Ons het meer as 40 000 ondersteuners wat per debiet-order ʼn maandelikse bydrae lewer en ons ontvang ook skenkings vanaf die gemeenskap. Ons Winkels lewer ’n groot bydrae in die bereiking van ons doelwit en testamentêre bemakings maak ons sterker. Ons het lankal geleer dat baie bietjies maak baie. So bou ons ’n vry, veilige en voorspoedige gemeenskap. Jy kan ons op verskeie maniere ondersteun – skenk of kontak ons om by ‘n gemeenskapsprojek in jou omgewing as vrywilliger betrokke te raak.

ONS WAARDES

ROEPING EN VERBONDENHEID

Ons dien ons gemeenskap met geloof en passie en in verbondenheid met God.

UITNEMENDHEID

Ons kies uitnemendheid in alles wat ons doen om welstand deur werksyn te verbeter.

NAASTELIEFDE

Ons bring verandering deur liefde en omgee vir ander.

GETROUHEID

Ons bly getrou aan opregtheid, betroubaarheid en deursigtigheid in alles wat ons doen.

SELFHELP

Ons bemagtig gemeenskappe en individue om hul toekoms self te vorm.

ONS KULTUURKENMERKE

GELOOFWAARDIG-HEID/VERTROUE

As verteenwoordigers van ons gemeenskap en skenkers werk SHH verantwoordelik en met integriteit om ‘n volhoubare impak te maak.

HELPMEKAAR

Deur saam te werk en mekaar te ondersteun, bou ons 'n toekoms waarin elkeen kan floreer.

MEDEDEELSAAM-HEID

Ons bou 'n sterker gemeenskap deur ons hulp, kennis, en hulpbronne te deel.

NEDERIGHEID

Ons werk met nederigheid; volhoubare, positiewe uitkomste in ons gemeenskap is ons erkenning.

OMGEE

Ons skep 'n gemeenskap wat omgee en selfstandig funksioneer deur self liefde en ondersteuning te bied.

HOOP

Ons bring hoop aan ons gemeenskappe omdat ons self hoop het.

OMGEE

Ons skep 'n gemeenskap wat omgee en selfstandig funksioneer deur self liefde en ondersteuning te bied.

HOOP

Ons bring hoop aan ons gemeenskappe omdat ons self hoop het.

youtube-video-thumbnail