ONS PLEK

Die toekoms lê in ons kinders se hande!  Die verantwoordelikheid begin egter by ons – vandag! Die antwoord lê in gemeenskapskrag!

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek is ‘n opvoedkunidge gemeenskapsinisiatief en voldoen aan spesifieke regulasies. Die fokus is op gehalte onderrig in Afrikaans, en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.

ONS SENTRUM

Ons Sentrum open sy deure in Januarie 2019 nadat 'n behoefte aan terapeutiese dienste geïdentifiseer is vir kinders uit getraumatiseerde omstandighede wat dit nie kon bekostig nie. By die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum in Pretoria-Noord word daar tans daagliks spelgebaseerde assesserings en terapeutiese dienste gelewer deur ons goed opgeleide terapeutiese maatskaplike werkers. Ouerverreiking word ook hier aangebied aan ouers asook opleiding ín die gemeenskap oor relevante uitdagings in ons land sodat kindertrauma aangehoor en aangespreek kan word.

Word deel van hierdie inisiatief en help om hoop en 'n toekoms te skep vir ons kinders.

Ander betaal metodes:

Bankbesonderhede:

Rekeningname; Ons Plek en Sentrums Helpende Hand MSW
Rekeningnommer: 63003228508
Takkode: 261550
Verwysing: Jou naam en van

PayPal

PayPal e-pos:
paypal@helpendehand.co.za

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?

Kontak Ons Sentrums

Suzette Oosthuizen: Hoof

E-posadres: suzette@helpendehand.co.za

Kontaknommer: 084 586 6629