Posts by Johnny Dunhin
Gemeenskappe gereed om te help, maar wie begin?
Terwyl gemeenskappe toenemend onder druk verkeer, wys ‘n nuwe peiling deur Solidariteit Helpende Hand dat die meerderheid mense bereid is om te help, maar dat baie steeds voel dit is “iemand anders se verantwoordelikheid”.
Lees meerDie kuns en krag van diensbaarheid
Wanneer ek as maatskaplike werker die voorreg het om mense in verskillende sfere van die gemeenskap te ontmoet, word ek telkens diep geraak. Daar is mense wat strukture opgebou het om gesinne by te staan; wat hul huise gereeld oopstel as veilige toevlugsoord vir mishandelde kinders; wat organisasies sonder winsbejag (OSW’s) stig met die doel…
Lees meerDie hart van werksyn: Onsigbare werk, onmeetbare waarde
Deur Marna SwanepoelMaatskaplike werker: Solidariteit Helpende Hand Noordwes-streek As maatskaplike werker het ‘n mens daagliks te doen met mense en hulle seer, maar soms is daar ook ‘n storie wat stil-stil aan jou eie hart raak. Anna se storie is nie uniek nie. Sy was vasgevang in ‘n siklus van oorlewing, gekenmerk deur werkloosheid en…
Lees meerWanneer moedeloosheid diensbaarheid stilmaak – en hoe ons dit herstel
Wat dink jy veroorsaak moedeloosheid? Vergun my om enkele moontlikhede uit te lig. Daar is nog baie ander redes. Dit kan veroorsaak dat mense nie by hul medemens wil of kan betrokke wees nie en dus nie diensbaar is nie. Mattheus 7:12 [AFR83] beskryf diensbaarheid so mooi: “Alles wat julle wil hê dat die mense…
Lees meerDie ware hulpbronne van ‘n gemeenskap
Dané Kotze, senior streeks- maatskaplike werker: Sentraal-Wes-Kaap Die rykste hulpbronne van enige gemeenskap lê in mense. Elke straat, buurt en dorp is vol vaardighede, ervaring en verhale: ‘n ouma wat ‘n feesmaal kan voorberei en die resepte met wenke deel met jonger generasies; ‘n jongmens wat tegnologie verstaan; ‘n tannie wat lekker tee maak en…
Lees meerDie verskil tussen hulp en hande vat
Die tannie dra swaar aan haar pakkies terwyl sy oor die voetoorgang stap. Die jare het haar swaar getref en sy sukkel om op die hoë sypaadjie te klim. Ek sien sy gaan val, hardloop nader, vat die pakkies en bied my arm aan. “Dankie, baie dankie,” sê sy verleë. Sy vra waar die naaste…
Lees meerToe ek besef het my werk is nie om mense te red nie, maar om saam met hulle te bou
As maatskaplike werker het ek my loopbaan begin met ‘n sterk begeerte om mense se nood te verlig. Ek wou help, regmaak en probleme oplos. Mettertyd het ek egter besef dat ‘n sogenaamde redder-mentaliteit nie volhoubaar is nie – nie vir die persoon in nood nie, en ook nie vir my as maatskaplike werker nie.…
Lees meerMaak kinders met goeie waardes groot
Waardes vorm die kern van wie ons is. Dit beïnvloed ons siening van die wêreld, hoe ons dink, optree, besluite neem en hoe ons ander mense hanteer. Ons waardes bepaal ons karakter, ons gesindheid en uiteindelik die rigting waarin ons lewens beweeg. Daarom is dit van kardinale belang dat kinders reeds van kleins af blootgestel…
Lees meerGroepsdruk en kinders: ’n Alledaagse werklikheid
Groepsdruk is ’n normale deel van grootword en iets waarmee byna alle kinders op een of ander tyd te doen kry. Van kleins af leer kinders dat hulle deel is van groepe – by die skool, in sportspanne, tussen vriende en selfs aanlyn. Die behoefte om in te pas en aanvaar te word, speel ’n…
Lees meerNog ’n bekende neem honger in sy visier
Solidariteit Helpende Hand is trots en opgewonde om Jo Black by HelpJag se ambassadeurspan te verwelkom. Met sy aanstelling snoer vier uiteenlopende, maar eensgesinde stemme kragte saam om praktiese hulp en hoop na gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bring.
Lees meer