Ons Sentrums

Die toekoms lê in ons kinders se hande!  Die verantwoordelikheid begin egter by ons – vandag! Die antwoord lê in gemeenskapskrag!

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek is ‘n opvoedkundige gemeenskapsprojek en voldoen aan spesifieke regulasies. Die fokus is op gehalte onderrig in Afrikaans, en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.

Ons Terapie Sentrum

Ons terapie Sentrum open sy deur in Januarie 2019 nadat ʼn behoefte identifiseer is aan kinders vanuit getraumatiseerde omstandighede wat nie terapeutiese dienste kon bekostig nie. By die Helpende Hand Ons Sentrum in Pretoria Noord word daar tans weekliks aan ongeveer 55 kinders terapeutiese dienste deur ons goed opgeleide en gekwalifiseerde terapeutiese maatskaplike werkers gelewer. Ouerleiding word ook hier aangebied aan ons ouers asook opleiding ín die gemeenskap oor relevante uitdagings in ons land sodat kinder trauma aangehoor en aangespreek kan word.

63551-Pretoria

Ons Sentrum

Die Ons Sentrum waar kindertrauma aangehoor en hanteer word, open amptelik in Januarie 2019 in Pretoria-Noord nadat 'n groot behoefte aan terapeutiese dienste vir kinders en hulle gesinne in dié gemeenskap geïdentifiseer is.

IMG-20230517-WA0010

Ons Plek Suidkus

Ons Plek Suidkus (voorheen bekend as Pikkie Kleuterskool), was voorheen onder bestuur van Suid-Natal Primêre Skool. Weens 'n tekort aan fondse en tyd is Solidariteit Helpende Hand genader om die kleuterskool oor te neem. 

292606725_2455547874585190_4848121639162519003_n

Ons Plek Derdepoort

In 2016 open die deure van Ons Plek Derdepoort met 30 kinders op die gronde van die Gereformeerde Kerk Derdepoort. Tans is daar 4 personeellede en 75 naskoolkinders.

426741435_372948525488702_4620091429130803504_n

Ons Plek Horison

Ons Plek Horison is ʼn naskoolsentrum wat in 2022 in Roodepoort gevestig is nadat navorsing daarop gedui het dat daar 'n behoefte aan meer bekostigbare nasorg is.

380893370_782372270354375_3914148811962838152_n

Ons Plek Kempton Park

Gedurende Augustus 2022 verwelkom Solidariteit Helpende Hand Ons Plek vir Kabouterpaleis Kleuterskool in Kempton Park as deel van die familie. 

391636491_300761682757885_5760618125422384617_n

Ons Plek Naboomspruit

Dink net vir 'n oomblik aan 'n wêreld waar ons die vermoë het om die armoedesiklus te verbreek, 'n wêreld waar ons jong kinders die geleenthede en gereedskap kan gee om selfstandig en onafhanklik te word.

Ons Plek Groot

Ons Plek Strand

Ons Plek Strand is 'n opvoedkundige gemeenskapsprojek en voldoen aan spesifieke regulasies. Die fokus is op gehalte-onderrig in Afrikaans en 'n Christelike atmosfeer en waardes.

Pret wedloop

Ons Plek Volksrust

Ons Plek Volksrust is in 2018 met vier graad R-kinders begin as 'n takprojek van Solidariteit Helpende Hand. Dit het begin as die Ons Kleuterskool en is toe amptelik in 2020 verander na 'n Ons Plek.

Ander betaal metodes:

Bankbesonderhede:

Rekeningname; Ons Plek en Sentrums Helpende Hand MSW
Rekeningnommer: 63003228508
Takkode: 261550
Verwysing: Jou naam en van

PayGate (ZAR)

Met hierdie betaalmetode kan jy met jou kaart of deur 'n debiet order betaal.

PayPal

PayPal e-pos:
[email protected]

Hoe kan jy betrokke raak?

Kontak Ons Sentrums

Suzette Oosthuizen: Hoof

E-posadres: [email protected]

Kontaknommer: 084 586 6629