Seniors in aksie

Seniors lê ons by Helpende Hand baie na aan die hart. Solidariteit Helpende Hand beskou dit as ons roeping om al ons belangegroepe, dus ook ons seniors, holisties te ontwikkel en ondersteun.

Ons het onlangs die Senior Mind Moves-program ontdek. Dis is 'n wonderlike program wat daarop toegespits is om 'n kwaliteitlewe te verseker, selfs wanneer jy ouer word. Dit kan gedoen word deur nie te gaan "rus" wanneer jy aftree nie, maar deur aktief te bly en betrokke te wees by jou familie en in jou gemeenskap.

Die Senior Mind Moves-program is deur dr. Melodie de Jager, 'n opvoedkundige, motiveringspreker, Mind Dynamix-profileerder en ontwikkelingspesialis, saamgestel. Dr. De Jager het baie navorsing gedoen oor biomimiek in die veld van neurowetenskap. Senior Mind Moves is een van vyf programme wat sy saamgestel het.

Met die Seniors in Aksie-projek poog ons om soveel as moontlik seniors in ons gemeenskappe reg oor die land bloot te stel aan Senior Mind Moves. Ons wil seniors bemagtig sodat hulle op hul oudag self verantwoordelikheid kan neem vir hulle lewens en nie van iemand anders afhanklik wees vir hulle geluk nie.

Hoe gaan ons dit doen?

Helpende Hand se maatskaplike werkers is as Senior Mind Moves-fasiliteerders opgelei.

Die maatskaplike werkers lei weer op hul beurt ons vrywilligers met 'n passie vir seniors op om in hulle gemeenskappe in seniors se lewens terug te ploeg.

Hoe raak ek betrokke?

'n Finansiële bydrae stel ons in staat om:

  • konstant nuwe maatskaplike werkers as fasiliteerders op te lei, en
  • vrywilligers op te lei en toe te rus om seniors in hul gemeenskappe te bemagtig.

Donasie aan Seniors in Aksie

"*" indicates required fields

Naam en van*
Betaling*

Nommer 2 verander met opsies-01
download-01

SIA Biblioteek

Stories

Inspirasie vir kreatiewe projekte

Kyk weer na Senior Mind Moves bewegings