WIL OM TE HELP
Die Wil om te Help
"Die Wil om te Help" is 'n jaarlikse Maart-veldtog van Solidariteit Helpende Hand wat fokus op maatskaplike werk, diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die veldtog het ontstaan rondom die viering van Internasionale Maatskaplikewerkersdag wat jaarliks op die derde Dinsdag van Maart herdenk word. Internasionale Maatskaplikewerkersdag is 'n manier om die maatskaplike professie te belig en ruimte te skep vir opleiding en gesprek.
Met verloop van tyd het Die Wil om te Help-veldtog gegroei tot 'n maand lange bewusmakingsbeweging wat nie net maatskaplike werkers vier nie, maar ook gemeenskappe uitnooi om betrokke te raak. Ons glo as mense bereid is om op te daag, te dien en saam verantwoordelikheid te neem, verander gemeenskappe.
2026-tema: Diensbaarheid begin by die wil om te help
In 2026 fokus Helpende Hand op diensbaarheid deur die wil om te help. Ons vier, versterk en aktiveer die innerlike ingesteldheid om betrokke te raak by die maatskaplike professie en die vrywilligerstruktuur.
Hierdie veldtog rus gemeenskappe toe met 'n nuwe begrip van werksyn: die beweging van "iemand moet my help" na "kom ons bou saam". Dit beklemtoon dat elke mens, ongeag hul rol, iets betekenisvol het om te gee.
Met stories, erkenning en praktiese betrokkenheid wil ons:
- die rol van maatskaplike werkers as professionele draers van hoop en verandering sigbaar maak;
- vrywilligers mobiliseer om volhoubare oplossings vir gemeenskappe te vind;
- gemeenskappe bewus maak van die krag van diensbaarheid, deelname en samewerking; en
- mense begelei van ontvang na bydra, van afhanklikheid na deelname.
Hul voete loop die strate stil,
daar waar pyn en stukkendheid nog wil gil;
'n hand wat help, 'n hart wat hoor,
'n lig wat troos op die donker spoor.
– Hilde Kruger
-
Gemeenskappe gereed om te help, maar wie begin?
Terwyl gemeenskappe toenemend onder druk verkeer, wys ‘n nuwe peiling deur Solidariteit Helpende Hand dat die meerderheid mense bereid is om te help, maar dat baie steeds voel dit is “iemand anders se verantwoordelikheid”.
-
Die kuns en krag van diensbaarheid
Wanneer ek as maatskaplike werker die voorreg het om mense in verskillende sfere van die gemeenskap te ontmoet, word ek telkens diep geraak. Daar is mense wat strukture opgebou het om gesinne by te staan; wat hul huise gereeld oopstel as veilige toevlugsoord vir mishandelde kinders; wat organisasies sonder winsbejag (OSW’s) stig met die doel…
-
Die hart van werksyn: Onsigbare werk, onmeetbare waarde
Deur Marna SwanepoelMaatskaplike werker: Solidariteit Helpende Hand Noordwes-streek As maatskaplike werker het ‘n mens daagliks te doen met mense en hulle seer, maar soms is daar ook ‘n storie wat stil-stil aan jou eie hart raak. Anna se storie is nie uniek nie. Sy was vasgevang in ‘n siklus van oorlewing, gekenmerk deur werkloosheid en…
-
Wanneer moedeloosheid diensbaarheid stilmaak – en hoe ons dit herstel
Wat dink jy veroorsaak moedeloosheid? Vergun my om enkele moontlikhede uit te lig. Daar is nog baie ander redes. Dit kan veroorsaak dat mense nie by hul medemens wil of kan betrokke wees nie en dus nie diensbaar is nie. Mattheus 7:12 [AFR83] beskryf diensbaarheid so mooi: “Alles wat julle wil hê dat die mense…
-
Die ware hulpbronne van ‘n gemeenskap
Dané Kotze, senior streeks- maatskaplike werker: Sentraal-Wes-Kaap Die rykste hulpbronne van enige gemeenskap lê in mense. Elke straat, buurt en dorp is vol vaardighede, ervaring en verhale: ‘n ouma wat ‘n feesmaal kan voorberei en die resepte met wenke deel met jonger generasies; ‘n jongmens wat tegnologie verstaan; ‘n tannie wat lekker tee maak en…
-
Die verskil tussen hulp en hande vat
Die tannie dra swaar aan haar pakkies terwyl sy oor die voetoorgang stap. Die jare het haar swaar getref en sy sukkel om op die hoë sypaadjie te klim. Ek sien sy gaan val, hardloop nader, vat die pakkies en bied my arm aan. “Dankie, baie dankie,” sê sy verleë. Sy vra waar die naaste…
-
Toe ek besef het my werk is nie om mense te red nie, maar om saam met hulle te bou
As maatskaplike werker het ek my loopbaan begin met ‘n sterk begeerte om mense se nood te verlig. Ek wou help, regmaak en probleme oplos. Mettertyd het ek egter besef dat ‘n sogenaamde redder-mentaliteit nie volhoubaar is nie – nie vir die persoon in nood nie, en ook nie vir my as maatskaplike werker nie.…
-
Versorging in jou moedertaal!
Deur ‘n versorger Daardie eerste dag in Maart 2025 wat ons as groentjies in die tehuis ingestap het om met ons praktiese ure as versorgers te begin, het almal ewe verskrik gelyk – ons as studente, die personeel en die bejaarde pasiënte. Daar is 19 tannies in die verswakte afdeling en hulle praat amper glad…
-
Wil om te help nominasies
Bepalings en voorwaardes Finaliste sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul word. Die genomineerde moet geregistreer wees by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe. Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk. Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie. Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van…
-
Die krag van ‘n deugsaam vrou – gebaseer op Spreuke 31
In ‘n wêreld wat dikwels op uiterlike skoonheid en kortstondige glans fokus, staan ‘n ander soort vrou uit – een wie se waarde nie gemeet kan word aan haar uiterlike of materiële rykdom nie. Spreuke 31 beskryf dit so mooi: ‘n deugsame vrou is “baie meer werd as die duurste juwele.” Hierdie vrou is nie…
-
Mentorskap: Die sleutelrol van die maatskaplike werker as mentor
Deur dr. Rina Smith en Isabel Faurie Wat is ‘n mentor? Oprah Winfrey skryf: “A mentor is someone who allows you to see the hope inside yourself.” In die konteks van maatskaplike werk is ‘n mentor die maatskaplike werker wat hoop help ontsluit – nie deur antwoorde te gee nie, maar deur mense te help…
-
Die rol van die vrou in die kerk: ‘n maatskaplike anker in die gemeenskap
In baie kerke oor die wêreld, en veral in Suid-Afrika, speel vroue ‘n onmisbare rol – nie altyd van die preekstoel af nie, maar beslis op die grond waar geloof en gemeenskap mekaar ontmoet. Die vrou in die kerk is dikwels die stil krag agter geestelike groei, gemeenskapsdiens en die ondersteuning van kwesbares. Vroue lei…