HH-Logo-web
HH-Logo-web

HelpHetta-Projek donasie

Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis.

Na aanleiding van die bogenoemde, is die projek is in 2015 deur Solidariteit Helpende Hand gestig en poog dit om meisies die vernedering te spaar, hul waardigheid te beskerm en te verseker dat hul elke dag skool, buitemuurse en sosiale aktiwiteite kan bywoon. Persoonlike higiëne is ’n platform vir die bemagtiging van meisies.

Hierdie Hetta-meisies ontvang ook opleiding in verskillende kwessies, soos verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling. Verder word hulle emosioneel en geestelik ondersteun deur gereelde boodskappe wat op WhatsApp aangestuur word. Die inhoud word deur Helpende Hand se span maatskaplike werkers saamgestel.

Bankbesonderhede

Bank: FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tak: Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing: Projeknaam
Swift-kode: FIRN ZA JJ

PayPal (Internasionaal)

PayPal e-pos:
[email protected]

PayFast

PayFast e-pos:
[email protected]

Bitcoin

Bitcoin kode: bc1qe5uaa2s7ddywjpdfw750c26s5zlq89k9hhvewm