HelpjagLogo

SAAM IS ONS STERKER

Tuis

WAT IS HELPJAG?

Gaan Bos webblad banners-01

Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis ʼn luuksheid. ʼn Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede.

Magies volmaak... dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.

HelpJag versprei wildsvleis na 87 skole regoor die land en voed daarmee ongeveer 8 000 kleuters.

As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou… dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het JOU gekies. En wanneer die jagveld roep is dit al wat jy hoor; al wat jy dink, droom, slaap en eet. Dis ʼn hunkering.

Wanneer jy dus weer gaan jag, neem jouself voor om iets te doen vir behoeftige kleuters en hul gesinne.

Jy kan ons ondersteun deur ʼn donasie te maak of ʼn bok vir HelpJag te skenk.

help jag infographic nuwe
Aantal vleis geskenk vanaf 2018:

0kg

*Word maandeliks opgedateer.

'n Persentasie van die verkope van Bakkies the Butcher se Veld tot Vurk speseryreeks word aan HelpJag geskenk.

Hoe werk dit?

HOE WERK DIT?

  • Stap 1: SKENK

    Klik op skenk en kies die toepaslike opsie.

    1. Finansiële bydrae en hoeveel porsies jy wil skenk of
    2. Skenk ʼn bok
  • Stap 2: JAG

    Indien jy ʼn bok wil skenk vul die besonderhede van jou opkomende jagtog in. Al die besonderhede word outomaties na die veldtog-administrateur gestuur. Die HelpJag-span sal jou so gou moontlik kontak en die nodige reëlings tref.

  • Stap 3: SLAGHUIS SOEKGIDS

    HelpJag het ʼn netwerk van slaghuisvennote regoor Suid-Afrika. Vind hier jou naaste slaghuis wat deel is van hierdie netwerk. Indien die slaghuis van  jou keuse nie op die lys verskyn nie, kontak HelpJag sodat ons die nodige reëlings met die betrokke slaghuis kan tref. Die jagter is verantwoordelik om die karkas tot by die slaghuis te vervoer.

  • Stap 4: VERWERKING

    Die slaghuis verwerk en verpak die vleis. HelpJag is verantwoordelik vir die verwerkingskoste tensy jy die verwerking ook skenk.

  • Stap 5: VERSPREIDING

    Die verwerkte vleis word deur HelpJag versprei na behoeftige skole en/of instansies soos ouetehuise ens.

Skenk

SKENK

Wie is betrokke?

WIE IS BETROKKE?

BAKKIES BOTHA

BEKENDE SPRINGBOK RUGBYSPELER EN WÊRELDBEKER-WENNER

Hoekom betrokke: "Ek is besorg oor die groeiende  druk op huisgesinne. As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om in hulle kinders se daaglikse behoeftes te voorsien. Ons kan dit nie toelaat nie, want elke kind het die reg om gevoed te word..."

ADAM TAS

SUID-AFRIKAANSE SANGER EN LIEDJIESKRYWER

Hoekom betrokke: "Deur vrygewigheid help ons om die wêreld ʼn beter plek te maak. Om iets te kan teruggee is tog wat die lewe sin gee, en wat beter sin kan die lewe hê as om ń glimlag op ʼn kind se gesig te kan sit."

APPEL

SUID-AFRIKAANSE SANGER EN LIEDJIESKRYWER

Hoekom betrokke: "Dit gebeur min dat jy twee dinge waaroor jy passievol is terselfdertyd kan uitleef - dit is om te jag en te help."

BAKKIES BOTHA

BEKENDE SPRINGBOK RUGBYSPELER EN WÊRELDBEKER-WENNER

Hoekom betrokke: "Ek is besorg oor die groeiende  druk op huisgesinne. As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om in hulle kinders se daaglikse behoeftes te voorsien. Ons kan dit nie toelaat nie, want elke kind het die reg om gevoed te word..."

ADAM TAS

SUID-AFRIKAANSE SANGER EN LIEDJIESKRYWER

Hoekom betrokke: "Deur vrygewigheid help ons om die wêreld 'n beter plek te maak. Om iets te kan teruggee is tog wat die lewe sin gee, en wat beter sin kan die lewe hê as om ń glimlag op ń kind se gesig te kan sit."

APPEL

SUID-AFRIKAANSE SANGER EN LIEDJIESKRYWER

Hoekom betrokke: "Dit gebeur min dat jy twee dinge waaroor jy passievol is terselfdertyd kan uitleef - dit is om te jag en te help."

Slaghuis Soekgids

SLAGHUIS SOEKGIDS

Gauteng-Noord

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Uitkyk Slaghuis Carla - 012 804 3280 | [email protected] | www.uitkykvleismark.co.za 165 De Boulevard, Silverton, Pretoria, 0184
Eldoraigne Slaghuis Johan - 012 653 2789 | [email protected] | www.eldobutchery.co.za Shop 11, Mulders Crossing, x3, 57 Mulder's Mile, Eldoraigne, Centurion, 0171
Rooikraal Slaghuis Rouan - 060 733 7078 | [email protected] 22 Hofsanger Rd, Rooihuiskraal, Centurion, 0154
Mondanette Slaghuis Riaan - 012 346 1882 | [email protected] | www.mondanettebutchery.co.za 79 Skilpad Rd, Monument Park, Pretoria, 0181
Kings Meat Deli Castle Walk Francois - 012 347 0115 | www.kingsmeatdeli.co.za Nossob St, Erasmuskloof, Pretoria, 0048
Kings Meat Deli Lynwood Danie - 012 348 2189 | www.kingsmeatdeli.co.za Lynnwood Bridge, Lynnwood Rd & Daventry Rd, Lynnwood Manor, Pretoria, 0048

Limpopo

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Hunter Slaghuis Martin - 014 717 4544 | [email protected] 92 Nelson Mandela Dr, Modimolle, 0510
Vleisfabriek Braam - [email protected] Naboomspruit
Numzaan Venison Emmerentia - 082 657 3595 | [email protected] | www.numzaan.com Plot 83 Spitskop, Thabazimbi

Vrystaat

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Affiplaas Bainsvlei Gys - 082 417 3837 25 Krige Avenue, Bloemfontein
Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Affiplaas Bainsvlei Gys - 082 417 3837 25 Krige Avenue, Bloemfontein

Gauteng-Suid

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Bredell Vleis Fabriek Braam - 011 979 1416 | [email protected] | www.vleisfabriek.co.za 97 3rd Ave, Bredell AH, Kempton, 1619
Rant en Dal Slaghuis Claire - 082 701 8352 | [email protected] 29 Mossie St, Rant-En-Dal, Krugersdorp, 1751

Mpumalanga

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Slagter vir Jagters Jaco - 084 458 4541 | [email protected] Witbank
Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Slagter vir Jagters Jaco - 084 458 4541 | [email protected] Witbank

Noord-Kaap

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Vasvat Skietspan Pro Venison Jaco - 082 808 4723 1a Woodburn Str, Beacons Field, Kimberley, 8301
Proviand Jan - 072 686 2734 | [email protected] Orania
Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Vasvat Skietspan Pro Venison Jaco - 082 808 4723 1a Woodburn Str, Beacons Field, Kimberley, 8301
Proviand Jan - 072 686 2734 | [email protected] Orania

Noordwes

Slaghuis Naam Kontak naam & nommer Fisiese adres
Kalahari Vleis Juanita Hough - 072 119 8412 | www.africanadvice.com 44 Vry St, Vryburg, 8600
Tristar Slaghuis Melissa - 078 822 9022 7 Oliver St, Schweizer-Reneke

Gaan Bos Kompetisie

GAAN BOS MET HELPJAG

Gaan Bos webblad banners-01

As jag in jou are loop en jou hart vir liefdadigheid klop
kan jy 'n groot rol in 'n behoeftige kleuter se lewe speel.
Skryf nou in vir die #GaanBos met #HelpJag kompetisie,
word deel van die verskil en staan 'n kans om
een van vele pryse te wen.

Pryse wat gewen kan word!

Triggercam 2.1 met pouch

Ingesluit in die prys:

Triggercam 2.1 met pouch ter waarde van R8 700

Lees meer

Jagnaweek by Berchtesgaden

Ingesluit in die prys:

2 Nagte verblyf vir 2 persone

(Gaste mag saamkom @ spesiale korting van 25%)

1x Rooibok

(Addisioneel kan geskied word vir eie rekening)

Saterdag midbyt en aandete

1x Dagspa masering

Moet geneem word voor 31 Oktober 2021

Lees meer

Bakkies the Buther geskenkpak x 10

Ingesluit in die prys:

Per pakkie:

1Kg Bakkies Boereword

1 Veld tot Vurk Braai Mix

1 Veld tot Vurk All Purpose

1 Veld tot Vurk Woestersous Braai Mix

Lees meer

Wild en Jag digitale subskripsie x 10

Ingesluit in die prys:

Per wenner: 

Wild en Jag digitale subskripsie vir 'n jaar van R 240 elk

Lees meer

Pryse trots geborg deur:

Skryf nou in!

R100 per inskrywing

#Randperkilogram

#RANDPERKILOGRAM

Met 'n bedrag van so min as R35 kan jy 'n kilogram wildsvleis skenk. Dit kan 'n reuse- verskil in 'n behoeftige kleuter en hul gesin se lewens maak.  In hierdie tyd van ongekende nood, het ons jou hulp meer as ooit tevore nodig om na ons mense om te sien. Onthou, een kilogram wildsvleis kan 'n gesin van vier vir 'n dag voed! Die nood is meer as 12 000 kleuters regoor die land.  Kom ons van hande en maak 'n verskil!

Die uitbreek van die Covid-19-pandemie het egter 'n stuiwer in die armbeurs gegooi en jagters kon nie gaan jag nie. Dit het HelpJag genoop om saam met sy drie ambassadeurs asook Wild & Jag/Game & Hunt die #RandPerKilogram-inisiatief van stapel te stuur.

Die doel van die R35-skenkings is drievoudig. Dit voed behoeftige kleuters en hul gesinne. Dit gee die wildplase of reservate ook 'n geleentheid om 'n inkomste te verdien tydens dié moeilike tye en verder dra die fondse by tot die algemene bestuur, betaling van werkers en ander belangrike bedrywighede soos teenstropery-aksies.

Wildplase en reservate is nie net sakeondernemings wat tans swaar gebuk gaan of bloot 'n plek is waar daar op 'n verantwoordelike manier gejag word nie. Baie van die grond huisves ander belangrike dierspesies. Die meerderheid van beskikbare wild-habitat in Suid-Afrika is in privaat besit. Dus lê 'n groot deel van die potensiaal om te bewaar in dié areas. Deur wildplase te ondersteun help ons dus om die habitat van baie bedreigde spesies te bewaar.

Bankbesonderhede

Rekeninghouer: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND,
Bank: FNB,
Rekeningnommer: 62 331 445 503,
Tak: Centurion (takkode: 261550),
Verwysing: RANDPERKG

E-pos bewys van betaling asook jou kontakbesonderhede na [email protected]

Nuus

HELPJAG NUUS

Jag saam vir 'n goeie doel.
Klik op die foto om die volle artikel te lees.

Appel sluit by #HelpJag-span aan

Helpende Hand is trots daarop om die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Appel, as ’n ambassadeur van dié welsynsorganisasie se #HelpJag-projek te verwelkom. Appel het pas amptelik met Helpende Hand hande gevat en gaan saam met #HelpJag se ander twee ambassadeurs, die oud-Springbok Bakkies Botha en sanger Adam Tas, help dat meer as 8 000 behoeftige…
Lees meer

Jagters bring hulle deel om honger te bestry ten spyte van pandemie

Met 2020 se jagseisoen wat sy laaste doodskoppe gee, kan Solidariteit Helpende Hand se #HelpJag-span terugkyk na die hoogtepunte wat bereik is ten spyte van uitdagings wat die nasionale inperkingsregulasies gebied het. Margolé Riekert, Helpende Hand se projekorganiseerder van #HelpJag, sê dat #HelpJag altesaam 23 ton wildsvleis teen die einde van Augustus verlede jaar ingesamel…
Lees meer

Is jy ’n jagter met ’n hart vir liefdadigheid?

Vleispryse het só gestyg dat daar nie altyd geld by gesinne vir ’n gebalanseerde bord kos, waar vleis deel van die spyskaart uitmaak, is nie. Dit het vir Solidariteit Helpende Hand duidelik geword dat daar baie jagters is wat graag ’n bydrae sal wil lewer deur die vleis van ’n bok wat hulle jag te…
Lees meer

Natshoot dra R 60 000 by tot HelpJag-sukses

Die Covid-19 pandemie het verskeie uitdagings vir die jagbedryf en gevolglik ook vir Solidariteit Helpende Hand se HelpJag-projek na vore gebring. Voor die Covid-19 pandemie, het HelpJag, wat hoofsaaklik staatmaak op skenkings vanuit die jagbedryf, 8 000 kinders van hul daaglikse proteïeninname voorsien. Die verbod op jag tydens vlak vier van inperking, het Helpende Hand se HelpJag-projek…
Lees meer

Jagters plaas armoede in visier

As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou…dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het JOU gekies.  En wanneer die jagveld roep is dit al wat jy hoor; al wat jy dink, droom, slaap, eet.  Dis ‘n hunkering. Solidariteit Helpende Hand se HelpJag inisiatief het in 2018 sy eerste…
Lees meer

Buisdoorens

Buisdoorens. Eers net ’n naam, maar die naam het vinnig verander na ’n herinnering wat ’n glimlag op ons gesigte sit. Hier kry ’n “bosveld-sonsak” nuwe betekenis wanneer die son oranje agter die klein wit wolkies en die ryg doringbosse sak. Hier vind jou siel rus wanneer jy saans jou verlustig aan die veranderende beeld…
Lees meer

Gereelde vrae

GEREELDE VRAE

Eland

Koedoe

Waterbok

Gemsbok

Blouwildebees

Blesbok

Rooibok

Springbok

Nee, ongelukkig is die gesondheidsrisiko hieraan verbonde te groot.  Die kinders se gesondheid is vir ons van kardinale belang en daarom sal ons slegs vleis aanvaar waar daar ʼn bewys van die datum van verwerking beskikbaar is indien Helpende Hand dit nie self laat verwerk het nie.

U kan ook ongelukkig nie slegs ʼn gedeelte van u bok skenk nie.

  • Jagters kan ʼn Artikel 18A-sertifikaat aanvra wat hulle kan indien vir belastingkorting. Ons vereis die pryslys van die wildsplaas asook ʼn faktuur waarop die prys van die betrokke bok aangedui is.
  • Trofeejagters kan ʼn Artikel 18A-sertifikaat aanvra vir ʼn trofeedier solank daar ʼn bewys van betaling gelewer word.
  • Indien jagters nie ʼn bewys van betalings kan verskaf nie, sal #HelpJag gebruik maak van ʼn standaard pryslys wat nie onderhandelbaar is nie.
  • 'n Wildsplaas kan ʼn Artikel 18A-sertifkaat aanvra vir vleis wat geskenk word. Daar moet bewys gelewer kan word in die vorm van ʼn standaard pryslys.

#HelpJag sal kontak maak met u slaghuis en indien hulle voldoen aan die standaarde van die projek, sal ons betaal vir die verwerking van die vleis. Ons maak maalvleis van die vleis wat maklik deur die kleuterskole gaargemaak kan word.

Die jagter is meer as welkom om die vleis self te laat verwerk. Om die veiligheid van die kleuterskole te verseker vereis ons dat dit by goedgekeurde slaghuise plaasvind. Sien Bepalings en Voorwaardes.

#HelpJag is ten bate van Helpende Hand se Kosblikkie-projek. Hierdie projek bestaan reeds sedert 2009 en verseker dus dat die vleis na die wat dit die nodigste het versprei word. Dit is ons begeerte om u skenking regverdig te versprei.

Daar is bepaalde riglyne, bepalings en voorwaardes in plek om bogenoemde te verseker. Die veiligheid van die kleuters is ons eerste prioriteit.

Ons moedig die strengste higiënies toestande aan vir die voorbereiding van voedsel by kleuterskole. Alle wildsvleis moet gaargemaak word teen ten minste 70 grade wat die listeria-kiem doodmaak.

Ongelukkig is Helpende Hand sowel as #HelpJag verantwoordelik vir die beskerming van die skole asook die kinders se identiteite en daarom sal geen persoon die kleuterskole kan besoek nie.

Ons benodig op die minste een week om die nodige reëlings te tref en sal dit waardeer indien u dit in ag neem.

Ongelukkig nie, vlakvark is ʼn B-graadvleis en val in dieselfde kategorie as 'n kameelperd en sebra.

Kontak ons

Kontak ons (3)

012 111 8360
074 488 0508

facebook.com/HelpJagSA

@HelpJag | #helpjag

@HelpJag | #helpjag

011 111 8360
074 488 0508

facebook.com/HelpJagSA

@HelpJag | #helpjag

@HelpJag | #helpjag

Kontak ons (3)