#Liewe Leser

Die jaar is op sy rug en ek het net een brief oor om vir jou in 2024 te skryf. Ek moes mooi dink oor wat ek gaan skryf en met watter woorde ek hierdie jaar wil afsluit. In ‘n wêreld waar kommunikasie hoofsaaklik digitaal plaasvind, het die waarde van ‘n brief meer betekenis gekry.…

Lees meer

#Liewe Leser

Dis ons 85ste brief! Wat ‘n voorreg is dit nie om vir jou te kan skryf nie. Deur die loop van die jaar het ek heelwat lewenslesse geleer en gedagtes versamel. Hier is tien lewenslesse wat ek hierdie jaar geleer het: Hilde Kruger Solidariteit Helpende Hand Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5

Lees meer

#Liewe Leser

My ouerhuis is stapafstand vanaf die kerk waarin ek as kind saam met my gesin kerkdienste bygewoon het. Sondae het dus vroeg begin met ‘n kerkklok wat klokslag om agtuur en weer halfnege langs my kamervenster gebeier het. Omdat ek gesteld is op roetine en tradisies, was dít die klank wat altyd ‘n oorheersende vrede…

Lees meer

#Liewe Leser

Volgens een van die wêreldberoemde komponiste, Ludwig van Beethoven, is dit moontlik dat musiek die wêreld kan verander. In Beethoven se geval het sy werk en sy storie beslis ‘n merk gemaak en het die wêreld vandag nog steeds ‘n groot waardering vir sy musiek. Ek het gister weer na een van my gunstelingliedjies geluister…

Lees meer

#Liewe Leser

Een van die uitdagings waarmee ek soms worstel, is om tyd vir myself af te staan met die doel om te rus. Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur, Hannes Noëth, het een keer tydens ‘n personeelopening gesê: “In plaas daarvan om te werk sodat ons kan rus, moet ons eerder rus sodat ons kan werk.”…

Lees meer

#LieweLeser

Een van my gunstelingdigters, C.J. Langenhoven, het die volgende woorde neergepen: “Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.” Een van die grootste lewenslesse wat ek hierdie geleer het, was om te besef dat ons soms geduldig met ongeduldige mense…

Lees meer

#Liewe Leser

Brief 80 In my kinderdae het ek my Desembervakansies op my grootouers se plaas deurgebring. Elke dag was ’n goeie, en nóg beter as ek saam met maats in die omgewing gespeel het. As kind het ek armoede nie goed geken nie, maar die gate in hul klere en die pakkie 10 sent-aartappelskyfies wat hulle…

Lees meer

#LieweLeser

Sarah Elkins verduidelik in haar boek, Your Stories Don’t Define You. How You Tell Them Will. dat die stories wat jy vertel ‘n groot invloed het op hoe jyself en ander jou waarneem sien, daarom is dit belangrik om selektief te wees oor watter stories jy deel en hoe jy dit deel. Een van die…

Lees meer

#LieweLeser

Ek het hierdie jaar die voorreg gehad om saam met ’n hele paar buitelanders te kuier wat vir ’n kort rukkie ‘n besoek in hulle geboorteland afgelê het. Dié vriende woon nou in Nederland en Engeland. Ek ken hulle al lank – van hulle lewenslank. Hoe langer jy iemand ken, hoe moeiliker word dit om…

Lees meer

#LieweLeser

Ek het ‘n rukkie terug ou CD’s in my kas ontdek en deur elke CD se lirieke-boekie geblaai. Dit het my laat terugdink aan die dae toe ons tyd afgestaan het om die lirieke van ‘n nuwe CD woord vir woord te leer terwyl die CD in die CD-speler gedraai het. Dié leerproses was opsig…

Lees meer