Kinderbeskermingsweek

Kinderbeskermingsweek

28 Mei – 5 Junie 2025

Help om ons kinders se regte te beskerm. Ondersteun een of meer van die onderstaande projekte.

Bemagtig ’n Kind

Bemagtig 'n Kind is 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media. Die projek help behoeftige kinders op verskeie maniere om hul lewens in 'n positiewe rigting te stuur.

HelpHetta

#HelpHetta versprei kwartaalliks sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte onder 3 000 skoolgaande meisies.

Skooltassie

Solidariteit Helpende Hand sit sedert 2007 'n skooltassie met noodsaaklike skryfbehoeftes in behoeftige graadeens se hande sodat hulle hul akademiese reis op gelyke voet met hulle skoolmaats kan begin.

Kosblikkie

Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met die voeding van kleuters te ondersteun.

StapSaam-fonds

Met die StapSaam-fonds wil verseker dat ons genoeg fondse het om ons doelwitte te bereik en ons kinders verder te bemagtig. Hierdie fonds, wat ons beoog om met fondswerwing en skenkings te vestig, sal 'n kritiese rol speel in die voortgesette ondersteuning van die Ons Plekke.

Algemene bydrae vir Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand wil die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel bevorder deur gemeenskappe op maatskaplike gebied te ontwikkel.