Liewe Leser

Brief 44

Ons is terug en daar is nuwe ink in my pen. Die feit dat jy hier is, sê vir my dat jou storie nog nie klaar is nie en dat daar nog ink in jou lewenspen lê. Tel dit op en skryf. Maak foute en maak reg. Skets jou drome en trek vir jou ‘n tydlyn. Jy hét tyd. Gebruik dit.

Mag ons die swaar bagasie van 2023 agterlaat en ons tasse met ‘n nuwe gemoed in 2024 pak.

Mag ons kanse waag en kans sien vir die onmoontlike.

Mag ons ons mense waardeer en opnuut besef dat elkeen net vir ons geleen is.

Mag ons meer lag, minder huil en leer hoe om lief te hê.

Mag 2024 jou verstom, en mag jy die wêreld stomslaan.

Welkom terug, liewe Leser.

Ek is bly jy is hier!

Hilde

Solidariteit Helpende Hand

Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5