DIE DEUGSAME VROU

Die Deugsame Vrou Haar stem is stil, haar hart is sterk – Dis God se wil wat deur haar werk. “‘n Deugsame vrou, wie sal haar vind?” so fluister Spreuke in die wind. Meer werd as korale blink haar waarde, haar lewe getuig van God se genade. Soos Debora wat onder die palm gaan sit,…

Lees meer

Brief 169: Spinnerakke van die lewe

#LieweLeser My pa het ‘n paar jaar terug aan ons verduidelik dat een van ‘n paar dinge kan gebeur as ‘n stadsjapie op ‘n plaas aankom: Jy gaan van die plaaslewe hou en daarby aanpas. Of nie. My pa het ons geleer om ondersoekend na die lewe te kyk. Om dinge nie net te sien…

Lees meer

BRIEF 161: Die buurman wat nooit gekla het nie

#LieweLeser Daar trek toe dié week ‘n ou oom uit ons straat uit. My buurman. Dis nie iemand wat groot geraas gemaak het nie en ook nie iemand wat bekend was vir indrukwekkende motors of luukse kuiers nie. Net ‘n eenvoudige, bejaarde man wat stadig gestap het, altyd netjies aangetrek was en die gewoonte gehad…

Lees meer

BRIEF 160: Jou gawes het waarde

#LieweLeser Ek het ‘n jong vriend wat baie ure aan sy werk toewy. Sy werksdag begin net voor sonop en eindig eers weer laataand. Hy kla nie en noem net soms dat hy moeg is … moeg, maar gelukkig. Dit was vir my baie gou duidelik dat hy lief is vir dit wat hy doen.…

Lees meer

BRIEF 159: Rus

#LieweLeser Ek sukkel soms om af te skakel. Met die stad se gejaag kan rus selfs vir ons vreemd lyk. Op die plaas lyk dit weer vir my anders, want as die reën toesak, kruip die natuur weg. Elke swaeltjie in hul nes, elke bees onder ‘n boom of in ‘n stal – selfs die…

Lees meer

BRIEF 158: God maak alles nuut

#LieweLeser Genesing neem tyd. Die wete dat God nie haastig is met ons nie vertroos my altyd. In plaas daarvan om ons aan te jaag, stap Hy langs ons deur die vrae wat ons nie kan beantwoord nie en sit Hy saam met ons deur die stille trane en die doodse stiltes. Dit het my…

Lees meer

BRIEF 157: Die Wipplank

#LieweLeser Ek het onlangs saam met my ouers verby ‘n parkie gestap en ‘n wipplank raakgesien. Dit het my dadelik na my kinderdae teruggevat. ‘n Wipplank het mense bymekaar gebring. Dit het jou gedwing om iemand te vra om vir ‘n oomblik saam met jou te sit en die lewe net sorgeloos te geniet. Vir…

Lees meer

BRIEF 156: ‘n Lewensles van my pa

#LieweLeser In een van my vorige briewe het ek al oor my pa se een lewensles geskryf. Sommige lesse kom stilweg in ‘n gewone oomblik en bly dan vir lank in jou hart. My pa se woorde was so ‘n les: “Kom ons vier die goeie ou dae … soos vandag.” Toe hy dit gesê…

Lees meer

BRIEF 155: Dra dit in jou tas

#LieweLeser Ek onthou dat my eerste skooldag nie net opwindend was nie, maar ook oorweldigend. Dit was ‘n groot wêreld vol nuwe gesigte, reëls en onbekende verwagtinge. My ouers het seker gemaak dat ek goed voorbereid was en dat my skooltas alles ingehad het wat ek sou nodig hê. In daardie oomblikke speel iets so…

Lees meer

BRIEF 154: Skep jou hoop op

#LieweLeser Ek onthou tot vandag nog die moeite wat my kleuterskool vir ons tydens middagete gedoen het. Elke tafeltjie was netjies gedek met plastiekbordjies waarop ons ons kosblikkies kon uitpak en soos regte grootmense saam met ons maatjies kon sit en eet. Middagete op sigself was ‘n les, want dis waar ons tafelmaniere moes leer.…

Lees meer