#LieweLeser

Brief 59

Een van my gunsteling skrywers, Steven Bartlett, het die volgende geskryf: “As jy jou uitdaging as ‘n berg beskou, sal die omvang van die uitdaging jou intimideer en dit sal tot nalatigheid lei. As jy jou uitdaging as trappe begin beskou, een klein trappie na die ander, sal jy dit makliker kan aanpak. Die sleutel is om jou persepsie te verander sodat jy die selfvertroue kan opbou wat nodig is om te begin.” Ek dink dis baie mooi verwoord.

Soms voel die lewe onregverdig. Dit voel dit vir ons sodra ons ‘n berg uitgeklim het, moet ons net in nog ’n berg vaskyk … Dis hoe die lyk: berg op berg. Wanneer ons ’n berg uitklim, ontlok dit heelwat vrese en is die kanse goed dat dit ons kan keer om die volgende tree te gee. Dan staan ons nie stil nie; ons begin boonop die berg op ons skouers dra.

Dis waarom Steven se skryfstuk vir my uitstaan en waarom ek graag daarby wil aanlas: As ons ons perspektief kan verander deur die berge as trappe te sien, kan ons ook die berg van ons skouers afhaal met die wete dat ons die uitdaging nie alleen hoef uit te klim nie, want selfs al lyk die berg hoe hoog, weet ons ook dat God altyd groter as ons uitdagings sal wees. In Psalms 121: 1-2 staan daar dan ook: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”

Hilde

Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5