Posts Tagged ‘Liewe leser’
Brief 170: Alles sal regkom
#LieweLeser Sommige dae voel die lewe vir my soos een groot, deurmekaar legkaart. ‘n Duisend stukkies wat net nie in mekaar pas nie, want planne val uitmekaar en die antwoorde bly weg. Soms is dit loodswaar – veral op die dae wat gebede stil voel. Wanneer die lewe my plattrek, sal my pa my gewoonlik…
Lees meerBrief 167: Môre se moontlikhede
#LieweLeser Ek het onlangs eers uitgevind dat my voorouers met koring geboer het. Ek was in die veld en het opnuut weer na die wêreld om my gekyk en ‘n prentjie probeer skep van hoe dit sou lyk as alles met goue koringare bedek was. Vir my as prentjie-mens sou die plaas prentjiemooi gelyk het.…
Lees meerBRIEF 165: Buite jou beheer
#LieweLeser ‘n Paar maande terug het ek ‘n moeilike seisoen ervaar. Dit was ‘n tyd van afskeid, verlies en veranderinge wat ek nie kon beheer nie. Soms bring die lewe draaie waarvoor niemand regtig voorberei kan wees nie. Die enigste ding waaroor ek beheer gehad het, was hoe ek die mense rondom my sou groet…
Lees meerBRIEF 164: Die lewe gaan aan
#LieweLeser ‘n Paar maande terug het ek ‘n moeilike seisoen ervaar. Dit was ‘n tyd van afskeid, verlies en veranderinge wat ek nie kon beheer nie. Soms bring die lewe draaie waarvoor niemand regtig voorberei kan wees nie. Die enigste ding waaroor ek beheer gehad het, was hoe ek die mense rondom my sou groet…
Lees meerBRIEF 163: Genoeg
#LieweLeser Ek lees tans The Psychology of Money deur Morgan Housel. Baie interessant. In die boek vertel die skrywer van ‘n gesprek tussen Kurt Vonnegut en Joseph Heller by ‘n partytjie op Shelter Island. Die gasheer was ‘n verskansingsfondsbestuurder wat op daardie een dag meer geld gemaak het as wat Heller met sy suksesvolle roman,…
Lees meerDIE DEUGSAME VROU
Die Deugsame Vrou Haar stem is stil, haar hart is sterk – Dis God se wil wat deur haar werk. “‘n Deugsame vrou, wie sal haar vind?” so fluister Spreuke in die wind. Meer werd as korale blink haar waarde, haar lewe getuig van God se genade. Soos Debora wat onder die palm gaan sit,…
Lees meerBrief 169: Spinnerakke van die lewe
#LieweLeser My pa het ‘n paar jaar terug aan ons verduidelik dat een van ‘n paar dinge kan gebeur as ‘n stadsjapie op ‘n plaas aankom: Jy gaan van die plaaslewe hou en daarby aanpas. Of nie. My pa het ons geleer om ondersoekend na die lewe te kyk. Om dinge nie net te sien…
Lees meerBRIEF 161: Die buurman wat nooit gekla het nie
#LieweLeser Daar trek toe dié week ‘n ou oom uit ons straat uit. My buurman. Dis nie iemand wat groot geraas gemaak het nie en ook nie iemand wat bekend was vir indrukwekkende motors of luukse kuiers nie. Net ‘n eenvoudige, bejaarde man wat stadig gestap het, altyd netjies aangetrek was en die gewoonte gehad…
Lees meerBRIEF 160: Jou gawes het waarde
#LieweLeser Ek het ‘n jong vriend wat baie ure aan sy werk toewy. Sy werksdag begin net voor sonop en eindig eers weer laataand. Hy kla nie en noem net soms dat hy moeg is … moeg, maar gelukkig. Dit was vir my baie gou duidelik dat hy lief is vir dit wat hy doen.…
Lees meerBRIEF 159: Rus
#LieweLeser Ek sukkel soms om af te skakel. Met die stad se gejaag kan rus selfs vir ons vreemd lyk. Op die plaas lyk dit weer vir my anders, want as die reën toesak, kruip die natuur weg. Elke swaeltjie in hul nes, elke bees onder ‘n boom of in ‘n stal – selfs die…
Lees meer