Posts Tagged ‘Liewe leser’
BRIEF 159: Rus
#LieweLeser Ek sukkel soms om af te skakel. Met die stad se gejaag kan rus selfs vir ons vreemd lyk. Op die plaas lyk dit weer vir my anders, want as die reën toesak, kruip die natuur weg. Elke swaeltjie in hul nes, elke bees onder ‘n boom of in ‘n stal – selfs die…
Lees meerBRIEF 158: God maak alles nuut
#LieweLeser Genesing neem tyd. Die wete dat God nie haastig is met ons nie vertroos my altyd. In plaas daarvan om ons aan te jaag, stap Hy langs ons deur die vrae wat ons nie kan beantwoord nie en sit Hy saam met ons deur die stille trane en die doodse stiltes. Dit het my…
Lees meerBRIEF 156: ‘n Lewensles van my pa
#LieweLeser In een van my vorige briewe het ek al oor my pa se een lewensles geskryf. Sommige lesse kom stilweg in ‘n gewone oomblik en bly dan vir lank in jou hart. My pa se woorde was so ‘n les: “Kom ons vier die goeie ou dae … soos vandag.” Toe hy dit gesê…
Lees meerBRIEF 155: Dra dit in jou tas
#LieweLeser Ek onthou dat my eerste skooldag nie net opwindend was nie, maar ook oorweldigend. Dit was ‘n groot wêreld vol nuwe gesigte, reëls en onbekende verwagtinge. My ouers het seker gemaak dat ek goed voorbereid was en dat my skooltas alles ingehad het wat ek sou nodig hê. In daardie oomblikke speel iets so…
Lees meerBRIEF 154: Skep jou hoop op
#LieweLeser Ek onthou tot vandag nog die moeite wat my kleuterskool vir ons tydens middagete gedoen het. Elke tafeltjie was netjies gedek met plastiekbordjies waarop ons ons kosblikkies kon uitpak en soos regte grootmense saam met ons maatjies kon sit en eet. Middagete op sigself was ‘n les, want dis waar ons tafelmaniere moes leer.…
Lees meerBrief 153: Liewe Mila
Liewe Mila Jy is nie net ‘n hond nie, jy is ‘n helper ‘n trooster en ‘n stil heldin in ‘n wêreld wat jou nodiger het as wat jy dalk besef. Jou sagte oë en rustige teenwoordigheid bring lig in plekke waar daar soms swaarkry en onsekerheid is. Jy stap in ruimtes waar mense dalk…
Lees meerBRIEF 151: Haar brug is gebou
#LieweLeser Ek het onlangs die voorreg gehad om ‘n ma en haar kind se storie te hoor. Dit is die soort storie wat nie net gehoor word nie, maar in jou hart kom lê en jou lank daarna nog laat nadink. Die ma het teruggedelf na haar kind se kleuterskooljare en die pad saam met…
Lees meerBRIEF 150: Die liefde van ‘n ma
Liewe Moeder Die Bybel sê dat ‘n vrou wat die Here dien, geprys moet word … As ek na Ma se lewe so staan en kyk, verstaan ek wat dié vers vir ons sê. Ma het nie net vir my geleer hoe om te leef nie, maar ook om te glo en al my vertroue…
Lees meerBRIEF 148:  Volharding verseker ‘n vol hart
Liewe Leser Daar was al oomblikke in my lewe wat ek aan God erken het dat Hy vir my te ver voel, want om dit aan Hom te erken, was my manier om te sê dat ek nie besig was om reg te leef nie. Die afstand tussen my en God is nie deur God…
Lees meerBRIEF 147: Volhoubare Diensbaarheid
Liewe Leser Daar is tye in die lewe wanneer jy voel dat die wêreld toets of jou skouers die las kan dra. Soms wissel dit tussen verantwoordelikhede by die werk en die huis, in ander gevalle lê dit in die verwagtinge van jou gemeenskap, jou familie en jou vriende. In unieke gevalle is dit sommer…
Lees meer