#LieweLeser
Die lewe het my al met baie vrae gelos. Dis hoe dit werk … Die lewe gebeur en soms dring ons op antwoorde aan, want ons wil verstaan waarom dinge gebeur het soos dit het.
Een van die vrae wat gereeld by my opduik, is : “Hoeveel toe deure gaan dit vat om een deur oop te kry?” Hierdie vraag ontstaan gewoonlik uit moedeloosheid.
Soms neem ons aan iets deel met die hoop dat dit nog ’n deur vir ons sal oopmaak, maar dan bly die deure toe. Ons weet nie wat agter toe deure gebeur nie. Daar is sekere dinge in die lewe wat ons nie kan beheer nie, maar ons het die keuse om die sleutels wat vir ons gegee word uit te toets en te kyk of dit ’n deur kan oopsluit.
Ironies genoeg, is dit gewoonlik die klein sleuteltjies wat die groot deure oopmaak en soms verg dit net ’n ligte kloppie aan die deur sodat iemand anders die deur van binne af vir jou oopmaak.
Ons sal net weet as ons aanhou probeer.
Hilde
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5
