Skooltassie-projek
Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek sit sedert 2007 ’n tassie, met die nodige skryfbehoeftes, in ’n behoeftige graadeentjie se hand. So verseker ons ʼn gelyke wegspringkans vir al ons kinders. Helpende Hand wil graag weereens die behoefte aanspreek. Ons besef egter dat dit ʼn uitdaging is om die behoefte in September al te identifiseer veral voor die aanvang van die nuwe skooljaar en juis daarom dat die aansoekproses vir 2023 soos volg gaan plaasvind:
Die aanlyn-aansoekvorm sal deur laerskole/kleuterskole voltooi word waar die Graad R - hoofde verantwoordelik sal wees om behoeftige leerders wat tans by hulle in die skool is/was (ook die leerders wat dalk nie na die inperking teruggekom het weens finansiële redes nie) m.a.w. graadeens van 2024 te identifiseer en nomineer. Helpende Hand maak deur en deur op die skool staat om te help om die kindertjies wat hierdie skryfbehoeftes regtig nodig het te bereik .
Die skool stuur die vrywaringsvorm aan die ouers van die leerders wat genomineer word. Hiermee gee hulle toestemming vir die volgende:
- die leerder genomineer mag word om in aanmerking te kom vir ’n skooltassie.
- die leerder se naam aan Helpende Hand bekend gemaak gaan word.
- die leerder se naam aan die voornemende laerskool bekend gemaak gaan word.
Nadat die keuring gedoen is, sal die afleweringsvorm na al die voornemende laerskole van die graadeens wat tassies gaan ontvang gestuur word. Die vorm moet ingevul word slegs vir afleweringsdoeleindes. In November sal die lys met name van die leerders wat tassies moet ontvang aan die skole bekend gemaak word om te verseker dat elke graadeen waaraan daar ’n tassie toegeken word sy/haar tassie so vroeg as moontlik in 2023 ontvang. Die inligting moet asb. konfidensieel hanteer word.
Kriteria:
Ons stel voor dat die volgende maatstaf vir die identifisering van behoeftige graad R’e gebruik word:
- Graad R leerders wie se ouers nie op ’n gereëlde basis skoolgelde betaal nie;
- Graad R leerders wat deur ’n maatskaplike werker as behoeftig geïdentifiseer is;
- Graad R leerders wat deel van die skool se voedingskema-projek is.
- Graad R leerder wat deur ’n Helpende Hand-verteenwoordiger of -vennoot (kerke en organisasies in die gemeenskap) as behoeftig geïdentifiseer is.
- Leerders wat na die inperkingstyd weens finansiële redes nie teruggestuur is skool toe nie.
Vul asseblief die aansoekvorm so volledig as moontlik in. Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected].
Sorry. This form is no longer available.