Skooltassie

Opvoeding en geleenthede gaan hand aan hand en daarom is dit van kardinale belang om jong leerders toe te rus met die nodige gereedskap vir hul akademiese reis. Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige graad een-leerders se hande. So stel ons hulle in staat om hul akademiese reis op gelyke voet met hulle skoolmaats te begin. Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van 'n fisiese tassie. Deur jong leerders van kleins af te bemagtig, stel ons hulle op vir 'n pad na sukses. Omhels vandag hierdie inisiatief en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te borg.

Opvoeding en geleenthede gaan hand aan hand en daarom is dit belangrik om jong leerders toe te rus met die nodige gereedskap vir hul akademiese reis. Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige graad een-leerders se hande. So stel ons hulle in staat om hul akademiese reis op gelyke voet met hulle skoolmaats te begin.
Omhels vandag hierdie inisiatief en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te borg.

  • Ons poog om 2000 skooltassies aan behoeftige graadeentjies uit te deel in die begin van 2025.

Videos en foto's

Skenk 'n tassie

"*" indicates required fields

Naam en van
(Een tassie se waarde is R450)
Vul die bedrag van jou keuse in.

Braaf die Boerboel

Boerboel-2_Braaf

‘n Inisiatief van Boerboel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Skooltassieprojek

Braaf die Boerboel, die breinkind van Boerboel Wear, is ʼn splinternuwe held. Hy is soos Super Man, maar in kakie geklee. Braaf gaan binnekort met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand
saamsnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien.

Helpende Hand, Boerboel Wear en Lekker Luister het pas die Braaf-projek bekend gemaak waarin Braaf die hoofrol speel.

Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar meeste van alles dat dit braaf is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.

Ondersteun die inisiatief!

Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.

Om jou T-hemp te koop, klik op 'n T-hemp van jou keuse.

Luister na JAN JAN JAN se splinternuwe treffer Braaf Soos 'n Boerboel

youtube-video-thumbnail
Boerboel-Vertical-Logo-01-1