Die Ons Winkels is 'n groep wat geweldig groei en gaan bly groei in 2024. Ons wil graag sterk volhoubare winkels dwarsoor Suid-Afrika vestig wat elkeen hulle deel kan doen vir die groter gemeenskaspsgebaseerde maatskaplike ontwikkelingsdoelwit van Solidariteit Helpende Hand. Juis vir dié rede versoek ons dat lede van die publiek wat voel dat hulle graag 'n bydra wil maak maar dit nie noodwendig finansieel kan doen nie, die Ons Winkels sal ondersteun met skenkings van oortollige goedere of die aankoop van goeie kwaliteit bekostigbare gebruikte produkte vanuit ons winkels.
Is daar iets by jou huis wat die pad staan of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?
Skenk dit vir liefdadigheid.
Met jou ongewensde items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is ’n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.
Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.
Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.