Veiling vir HOOP WEBTUISTE
Veiling vir HOOP WEBTUISTE

Veiling vir Hoop

Elke bod maak 'n verskil

Op 8 November 2024 om 12:00 bied Solidariteit Helpende Hand 'n aanlyn Veiling vir Hoop aan in samewerking met SwiftVEE.

Solidariteit Helpende Hand wil die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap en die ontwikkeling van gemeenskappe as geheel deur middel van die maatskaplike ontwikkeling van gemeenskappe bevorder.

SwiftVEE is die pioniers van aanlyn veehandel in Suid-Afrika en het 'n passie om ander te dien. Hulle is die grootste veeverhandelingsplatform in SA.

Alle items is deur donateurs geskenk en die opbrengs van die veiling gaan gebruik word om Afrikaner-armoede te verlig, verbreek en voorkom.

Maak jou hart en jou beursie oop. Elke bod maak 'n verskil.

Maak 'n verskil-Veiling vir Hoop
IMG_1875

Jandré du Plessis, Senior Fondswerwer Helpende Hand, en JP Swart, Hoof:Agrisake SwiftVEE, sluit die vennootskap.

Ons Ondersteuners

Die vennote