Wêreldhongerdag
Almal is HONGER vir HOOP
Solidariteit Helpende Hand loods vanjaar die Honger vir Hoop-veldtog waarmee ons gaan poog om 50 000 borde kos in te samel en die gemeenskap bewus te maak van verskillende soorte honger.
Helpende Hand voed daagliks ongeveer 8 500 behoeftige kinders. Ons kan egter net daarmee volhou as gemeenskappe hande vat om kinders se welstand te bevorder en hoop vir die toekoms te skep. Wêreldhongerdag word op 28 Mei gevier en vestig aandag op die nood in gemeenskappe.
Ons beklemtoon egter nie net voedselnood nie, maar ook gemeenskappe se behoefte aan onder meer maatskaplike en geestelike hoop.
Jy kan betrokke raak en ons help om 'n verskil te maak in ons gemeenskappe. Wees HONGER vir HOOP en maak 'n donasie om die helpende hand in jou gemeenskap te wees.
Maak 'n donasie
"*" indicates required fields