Gemeenskapsontwikkeling Simposium

31 Oktober 2024

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Gemeenskapsontwikkeling Simposium

31 Oktober 2024

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Beskrywing en formaat van referaatvoorstelle

Solidariteit Helpende Hand is 'n internasionaal bekende gemeenskapsontwikkelingsorganisasie. U bydrae en bywoning van hierdie simposium sal as gemeenskapsontwikkelingswerk erken word. Elke deelnemer aan hierdie simposium sal 'n sertifikaat van bywoning ontvang.

Alle referaatvoorstelle sal volgens 'n standaardrubriek deur die simposium se wetenskaplike paneel gekeur word op grond van die legitimiteit van die navorsing en werk.

Die wetenskaplike paneel se terugvoer sal op 28 Augustus aan u gestuur word.

Referate wat aanvaar is, sal volledig saam met die Solidariteit Beweging se navorsing geargiveer word en dit sal as 'n kompendium vir die publiek beskikbaar wees.

 

Stuur u voorstel vir 'n referaat vir Wilmaré du Buisson na [email protected]

 

LET WEL: Die goedkeuring van u voorstel beteken nie u is geregistreer vir die simposium nie. U moet steeds op die skakel klik om te registreer en betaal. U registrasie word eers gefinaliseer wanneer ons u bewys van betaling van die registrasiefooi ontvang. U bydrae sal eers op die program ingevoeg word nadat u registrasie gefinaliseer is.

Datums
Referaatvoorstelle open 20 Mei 2024
Sperdatum vir referaatvoorstelle 22 Julie 2024
Terugvoer oor referaatvoorstelle 28 Augustus 2024

Riglyne vir referaatvoorstelle

  • Nie meer as 250 woorde nie
  • PDF-dokument

Inleiding

  • Probleemstelling en/of navorsingsvrae
  • Dit moet die leser oortuig dat u bydrae 'n belangrike navorsingsveld is.

Teoretiese raamwerk

  • Teoretiese perspektief
  • Oortuigende argumentasielyn
  • Toon 'n duidelike verband tussen die teorie en literatuur en u probleemstelling of navorsingsvrae.

Metodologie

  • Beskryf navorsingstrategieë en metodes.

Voorlopige bevindings

Een of twee, indien moontlik

 

Wetenskaplike paneel

  • Mnr. Hannes Noëth – Bestuurshoof van Solidariteit Helpende Hand
  • Dr. Dirk Hermann – Bestuurshoof van Solidariteit
  • Prof. Antoinette Lombard – Departementshoof van die Departement Maatskaplike Werk by die Universiteit van Pretoria
  • Mev. Susan O' Reilly – Departementshoof van die Departement Opvoedkundestudies by Akademia
  • Dr. Rachel Maritz -Dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia