Boesemvriendinne sokkies

Koop vandag nog jóú paar sokkies en help ’n boesemvriendin!
Dit word gratis versend en kos slegs R169 per paar.

Sox Footwear werk saam met USN en Solidariteit Helpende Hand aan die Boesemvriendinne-projek. Hierdie inisiatief is deur Helpende Hand geloods om in Oktober tydens Borskankerbewusmakingsmaand bewustheid te skep. Die opbrengs van die verkope sal aan dié projek gaan om diegene te help wat nie silikoonprosteses of borsrekonstruksie kan bekostig nie.

Boesemvriendinne sokkies

"*" indicates required fields

Naam en van*
Hoe wil jy graag betaal?

Section Break

Wil jy jou sokkies graag self afhaal by Helpende hand hoofkantoor of moet ons dit vir julle aflewer?
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wat maak hierdie sokkies so spesiaal?

Die sokkies:

  • is naatloos om blase te voorkom;
  • bestaan uit ’n liggewigmateriaal om jou voete koel en droog te hou;
  • het ’n Y-vormige hak om gemaklik te pas en maklik aan te trek;
  • het ’n elegante voorkoms en gevoel aan die binnekant;
  • het geen tossels en los garings nie;
  • het ’n 16 cm-mansjet vir alledaagse drag en alle sportsoorte;
  • het HTFU-tegnologie (wat keer dat jy gly);
  • se verpakking kan weer gebruik word; en
  • word in Suid-Afrika vervaardig.

Met die aankoop van hierdie sokkies maak jý ’n groot verskil!