Gesprek 1: Welstand in Afrikaans

7 Mei 2025 om 12:00 – 13:00

Sprekers:

Gerhard Pretorius (Moderator)

Alana Bailey

Annelize de Vries

Carel Boshoff

 

Agtergrond:

In ’n samelewing waar armoede, trauma en strukturele agteruitgang toenemend die welstand van gemeenskappe onder druk plaas, is dit belangrik om antwoorde hierop te vind. Welstand is ‘n boublok van gesonde gemeenskappe  – dit bemagtig individue, versterk gesinne en bou veerkragtige gemeenskappe wat nie net oorleef nie, maar floreer.

Afrikaans is nie net ’n kommunikasiemiddel nie, maar ’n draer van kultuur, identiteit en vertroue.

Om hierdie rede is welstand in Afrikaans besonders belangrik. Wanneer mense in hul moedertaal ondersteun en gehelp word, ervaar hulle hoër vlakke van begrip, empatie en menswaardigheid. Veral in maatskaplike werk, waar vertroue en verhouding sentraal staan, is dit noodsaaklik dat hulp en ondersteuning in ’n taal gebied word waarin die kliënt veilig voel. Afrikaans as voertaal in Afrikaansprekende-gemeenskappe maak welstandsdienste toegankliker, meer relevant en diepgewortel in die gemeenskap se unieke konteks.

Dus om welstand in jou eie moedertaal, Afrikaans te kan bevorder skep nie net kulturele verbondenheid nie, maar gee gemeenskappe ook die moed en kapasiteit om sosiale uitdagings proaktief aan te spreek.

GO Simposium registrasievorm

"*" indicates required fields

Naam en van*