Gesprek 2: Welstand van vroue en kinders

6 Augustus 2025 om 12:00-13:00

Sprekers:

René Roux (Moderator)

Louisa Stoker

Theuns du Busson

Maretha Visser

GO Simposium_Dagboek 2s

"The hand that rocks the cradle is the hand that rules the world" is ‘n gedig van William Ross Wallace wat moederskap as ‘n kragtige mag vir verandering in die wêreld, prys.  Die gedig is vir die eerste keer in 1865 onder die titel "What Rules the World" gepubliseer.

In ’n samelewing waar armoede, trauma en strukturele agteruitgang toenemend die welstand van gemeenskappe onder druk plaas, is dit belangrik om antwoorde op welstand van die vrou en kind te vind. Welstand is ‘n boublok van gesonde gemeenskappe  – dit bemagtig individue, versterk gesinne en bou veerkragtige gemeenskappe wat nie net oorleef nie, maar floreer.

Die welstand van vroue en kinders is die boublok van gesonde en veerkragtige gemeenskappe. Wanneer hierdie groepe beskerm en bemagtig word, floreer gesinne en groei gemeenskappe tot hul volle potensiaal. Vroue en kinders is dikwels die kwesbaarstes in tye van krisisse, en daarom is gefokusde maatskaplike ondersteuning noodsaaklik. Deur ondersteuning, beskerming en ontwikkeling aan hierdie groepe te bied, breek ons die siklus van armoede, mishandeling en trauma – en bou ons 'n toekoms van hoop, veiligheid en menswaardigheid.

GO Simposium registrasievorm

"*" indicates required fields

Naam en van*