WAARDES – Die droom vir 2024

Ons wil ons gemeenskappe daarvan bewus maak dat hulle waardevol is omdat die Here ons waardevol gemaak het. Omdat Hy vir ons waarde gee, kan ons en mag ons ons waardes uitleef.

Waarom waardes as tema?

Die Here is die rots op wie ons bou. Ons Christelike geloof groei vanuit die Bybel wat al ons waardes bepaal. Daarom kan ons ons waardes as die fondasie van ons huis beskou. As ons fondasie op die rots stewig is en nie op sand gebou nie, kan ons die lewe met sekerheid aanpak.

Indien ons rots en fondasie sterk en stewig is, kan ons verder aan ons huis bou. Ons is waardegedrewe gesinsmense en kollegas. Ons werk waardegedrewe. Ons bou mure, vensters, sit 'n dak op en maak die huis mooi. Die mure, vensters, en ander dele van die huis is dinge wat ons doen om ons huis beter en mooier te maak – dit is goeie ouerskap, leierskapsontwikkeling, selfontwikkeling, die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede en baie ander vaardighede.

Om hierdie rede is dit vir Solidariteit Helpende Hand belangrik dat ons eerstens die gemeenskap moet bewus maak van Wie hul rots en fondasie is voordat ons net wegspring en die huis mooi maak (wat natuurlik ook nodig is).

Ons moet help om die huise in ons gemeenskappe sterk te maak sodat dit nie in die wind en storms intuimel nie.

Daar is egter wêreldse en Christelike waardes.

Wêreldse waardes

Byvoorbeeld uitnemendheid

Ek kan mense bedrieg om bo uit te kom, want mag en aansien is 'n teken van uitnemendheid.

Christelike waardes

Byvoorbeeld uitnemendheid

Ek kan my werk uitnemend doen, want ek werk omdat ek geroepe en dankbaar is.

Ons leef in 'n gebroke wêreld en is self dikwels gebroke en sondig, maar ons kan uit dankbaarheid na die goeie strewe. Met hierdie veldtog wil Solidariteit Helpende Hand ons personeel, taklede, ondersteuners en donateurs opnuut daarvan bewus maak dat al ons aktiwiteite en ons betrokkenheid in ons gemeenskappe op ons Christelike waardes gebou is. So wil ons almal se geloof versterk en seker maak dat gemeenskapsontwikkeling om die regte redes plaasvind.

Deur ons gemeenskappe van waardes bewus te maak, versterk ons ons gemeenskappe se OOO – opvoeding, opleiding en ontwikkeling – op 'n volhoubare wyse en verseker ons voorspoed.

Picture1

By Solidariteit Helpende Hand streef ons daarna om ons roeping (duim) op elke vlak met geloof (wysvinger) uit te leef, om ons visie van ontwikkelde gemeenskappe te bereik deur ons missie om rigting aan te dui met uitnemendheid (middelvinger) deur te voer sodat ons almal getrou (ring vinger) kan wees aan ons roeping en die gemeenskap as geheel in totale nederigheid (pinkie) bevorder.

Ons waardes – roeping, geloof, uitnemendheid, getrouheid en nederigheid – was instrumenteel in die vorming van ons organisasie se identiteit en dien as kompas vir ons gesamentlike groei. Dit is hierdie waardes wat ons projekte, programme en optrede in die komende jaar sal lei.

In gebrokenheid leef ons ons waardes elke dag uit.

Uit 'n hand van liefde vloei die ander waardes voort.

Roeping (Rooi)

Ons toewyding is meer as net 'n passie vir ons werk; dit is 'n roeping. In 2024 sal ons voortdurend ons roeping in gedagte hou om te verseker dat elke taak wat ons aanpak tot 'n groter doel bydra. Ons werk sal 'n uitdrukking van ons passie en toewyding wees.

Geloof (Goud)

Ons onwrikbare geloof in ons Hemelse Vader, in ons visie en in mekaar maak ons organisasie sterk. In die komende jaar wil ons ons geloofslewe verdiep, ook ons geloof in onsself, ons vermoëns en in mekaar. Saam kan ons uitdagings oorkom en nuwe hoogtes bereik.

Uitnemendheid (Oranje)

Ons strewe na uitnemendheid is die basis van al ons pogings. In 2024 sal ons voortgaan om hoë standaarde te stel, uitsonderlike dienste te lewer en resultate in ons gemeenskappe te sien. Ons toewyding aan uitnemendheid laat ons elke saak, aksie en poging goed deurdink en stewig neersit, en dit laat ons met ywer volhard.

Getrouheid (Groen)

Laat ons getrou bly aan ons roeping, doel, beloftes en verantwoordelikheid, en laat ons ons take uitnemend voltooi. Met integriteit en betroubaarheid sal ons getrou bly diens lewer.

Nederigheid (Vlootblou)

In die komende jaar wil ons nederig werk, want ons doel is groter as onsself. Laat ons nederig optree en aantree, en nie die beloning en erkenning van mense najaag nie maar van die groter doel. Kom ons doen ons deel uit nederigheid en dankbaarheid.

Word deel van die Helpende Hand-familie wat glo in waardes wat werk! Besoek www.ondersteunons.co.za

rene-roux-en-hannes-noeth-320x213

Glo jy regtig in jou geloof?

Dié Bybelvers is aan almal goed bekend: "En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vur julle...

Lees meer...
rene-roux-en-hannes-noeth-320x213

Streef na uitnemendheid

"Uitnemendheid is nie 'n funksie van omstandighede nie. Uitnemendheid, blyk dit, is grootliks 'n...

Lees meer...
stephan-hauman-10-kruis-met-sonsopkoms-320x213

Getrou gevestig op God

Die Hebreeuse woord trou is afgelei van 'n werkwoord wat vas wees beteken. Dis verwant aan die bekende woord amen...

Lees meer...

[Mediaverklaring] Helpende Hand se droom vir 2024: Waardes wat werk

Solidariteit Helpende Hand, ‘n organisasie wat op die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van gemeenskappe fokus, het pas sy tema vir…

Lees meer...

[Artikel] Glo jy regtig in jou geloof? #WaardesWatWerk

Rene Roux Bestuurshoof: Media Solidariteit Helpende Hand Dié Bybelvers is aan almal goed bekend: “En Jesus antwoord hulle: Deur julle…

Lees meer...

[Artikel] Wees dapper in jou roeping #WaardesWatWerk

Rene Roux Bestuurshoof: Media Solidariteit Helpende Hand Vandat ek ʼn jong meisie was, het ek gewonder oor wat my roeping…

Lees meer...