FrouevondsBanner copy 2
FrouevondsBanner copy 3

Hoekom die FroueVonds*?

Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is dikwels goed wat in die pad staan van voluit vrou-, meisie-, suster-, ma- en vriendin- wees. Hierdie goed wat in die pad van dít staan kan fisies, emosioneel en geestelik van aard wees.

Die FroueVonds* wil hier ingryp om dié gaping/s te vul, die brug te bou tot ʼn beter lewe, die kettings van armoede te verbreek wat dreig om te vernietig, sodat vroue wat deur hierdie goed gekeer word, op die ou einde as gesonde vroue in die samelewing kan funksioneer. Gesonde vroue lei tot gesonde gesinne en gesonde gemeenskappe.

Die FroueVonds doen dit deur volhoubare projekte, in samewerking met ander vennote, aan te pak.

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

Waar pas die FroueVonds in?

Solidariteit Helpende Hand het ʼn wye verskeidenheid nasionale-, streeks- en takprojekte. Die FroueVonds is ʼn nasionale projek, wat in al nege provinsies van Suid-Afrika uitgerol is.

Die FroueVonds fokus op die volgende:

Doel van die Vroue soos Rut:

Om vroue in Suid-Afrika te bemagtig om voluit vrou te wees deur om te sien na die werk, welstand en opleiding van die vrou, sodat sy as pilaar van hoop in haar gemeenskap kan optree. ʼn Gemeenskap kan slegs bevorder word as die gemeenskap self intree om die verskil te maak. Dus wil hierdie inisiatief vroue motiveer om ook mekaar se belange op die hart te dra.

Vroue is die hartklop van ons samelewing. Daar is dikwels goed wat in die pad daarvan staan om voluit vrou, meisie, suster, ma en vriendin te wees. Hierdie dinge wat in die pad daarvan staan, kan fisies, emosioneel en geestelik van aard wees.

Die Vroue soos Rut-inisiatief wil dié gapings tot 'n beter lewe oorbrug en die kettings van armoede wat dreig om te vernietig, verbreek. Dit sal vroue wat deur hierdie goed gekeer word, bemagtig om as gesonde vroue in die samelewing te kan funksioneer.

Hierdie inisiatief wil dit doen deur al die instellings van die Solidariteit Beweging te mobiliseer om die insette en projekte van die onderskeie instellings te fasiliteer. Hulle gaan ook kragte saamsnoer met ander vennote om sodoende vroue te bemagtig om nie net ʼn verskil te maak in hul gemeenskappe nie, maar om ook uiteindelik as sterker vroue vorentoe te kan tree.

"Gesonde vroue skep gesonde gesinne wat weer gesonde gemeenskappe skep."

- René Roux Bestuurshoof: Media

Fokuspunte:

  • Die geloof van die vrou
  • Die werk en werkplek van die vrou
  • Die geskiedenis van die vrou
  • Die kultuur van die vrou
  • Die gemeenskap waar die vrou leef
  • Die holistiese welstand van die vrou
  • Die opleiding van die vrou
  • Mentorskappe vir die vrou
  • Netwerke en vennootskappe om die vrou te bemagtig
  •  

FroueVonds lied deur Elmé Churr, Cheralee en Carma

"Blom in sy wese"

youtube-video-thumbnail

Frouevonds paneel gesprek

Steeds Vrou-digbundel

Digbundel mockup4

FroueVonds navorsing

#HELPHETTA-PROJEK; MÉÉR AS NET FISIESE ONDERSTEUNING Hetta is ’n doodnormale 13 jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die Gr. 8 Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14 hokkiespan van die Hoërskool. Sy bloos saam met haar vriendinne in haar graad as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die…

FroueVonds vennootskappe

MEER OOR ONS VENNOOTSKAPPE Die FroueVonds* glo in samewerking en netwerkvennootskappe. Daarom vat ons hande met vennote op alle terreine om die fonds te versterk en uit te brei. Ons vennootskap met opleidingsakademies, verseker dat behoeftige meisies daar kan gaan studeer. Ons vennootskap met Finesse Tydskrif en Carpe Diem Media, help om nuwe projekte uit…

Donasie aan FoueVonds

"*" indicates required fields

Naam en Van*
Maak die donasie maandeliks*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.