Mediaverklaring
Kwartmiljoen pakke sanitêre ware help meisies skoolgaan
Solidariteit Helpende Hand se HelpHetta-projek het in sy tiende bestaansjaar ‘n belangrike mylpaal behaal. Sedert 2015 is meer as 250 000 pakke sanitêre ware ingesamel en versprei aan behoeftige skoolmeisies reg oor Suid-Afrika. Die projek is in die lewe geroep om meisies te ondersteun wat weens ‘n gebrek aan basiese sanitêre produkte skool moet misloop.…
Lees meerHelpHetta beskerm waardigheid van duisende skoolmeisies
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand Phillip Bruwer Mediaskakelbeampte Die HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand bring hoop en praktiese verligting vir meisies wat dit die nodigste het. Op 3 September het die Vrouebediening van Kerksondermure (KSM) in Centurion ’n groot skenking aan die projek gemaak. Die vroue het 12 bokse vol sanitêre ware ingesamel en in…
Lees meerKoben Hofmeyr ontvang Mathys Roets-toekenning by LIG-konsert
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand Phillip Bruwer Mediaskakelbeampte Die motiveringspreker Koben Hofmeyr van Louis Trichardt is Vrydag tydens die AfriSkuld LIG-konsert in die AfriForum Teater in Pretoria met die Mathys Roets-toekenning van Hoop vereer. Hofmeyr het in 2018 op 16-jarige ouderdom sy nek tydens ’n rugbywedstryd in Bela-Bela gebreek. Hy het desondanks merkwaardige herstel gemaak…
Lees meerToekomsberaad wys pad vorentoe vir maatskaplike sektor
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk en Solidariteit Helpende Hand het op 18 Julie hul Toekomsplan bekendgestel. Dit dui aan dat die maatskaplike sektor van krisisidentifikasie moet oorskakel na toekomsbou. Die plan is bekendgemaak tydens die Toekomsberaad 2025, ‘n strategiese byeenkoms wat voortgebou het op die insigte van die Krisisberaad 2024. Die plan dui op ‘n duidelike verskuiwing…
Lees meerVonke spat vir wêreldrekord-massabraai
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer ’n Splinternuwe, nie-amptelike wêreldrekord is Woensdag opgestel toe 2 300 skaaptjops (320 kg) gelyktydig op 52 braaiers gebraai is. Die kole het oor ’n afstand van 55 meter gestrek en elke braaier is deur ’n vrywilliger beman. Dit het sowat twee uur geneem om elke tjoppie perfek en…
Lees meerTrump se invoertariewe dreig om ‘n maatskaplike krisis te word
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Solidariteit Helpende Hand waarsku dat die jongste invoertariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse produkte ingestel het verreikende maatskaplike gevolge kan hê. Helpende Hand sê die 30% verhoging is nie net ‘n ekonomiese terugslag nie, maar ‘n krisis wat die werksmark, werkloosheid, voedselsekuriteit en die breër welsyn van gemeenskappe negatief…
Lees meerPerfekte maatskaplike storm’ broei
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Suid-Afrika kan gereed maak vir ’n “perfekte maatskaplike storm” as die ekonomie aanhou afneem, Trump se tariewe in werking tree en die regering meer geld aan toelaes as ontwikkeling begroot en bestee. Dit is die mening van Solidariteit Helpende Hand in reaksie op Sisisi Tolashe, minister van maatskaplike ontwikkeling,…
Lees meerWaarskuwing: Slenters raak al slimmer
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Solidariteit Helpende Hand waarsku die publiek om uiters waaksaam te wees vir slenters waarmee skelms hulself valslik voordoen as verteenwoordigers van betroubare instansies. Dit sluit welsynsorganisasies, banke, selfoonmaatskappye, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en selfs staatsinstansies in. René Roux, hoof van kommunikasie en woordvoerder van Helpende Hand, sê met…
Lees meerImpak van werkverlies op gemeenskappe ’n donker werklikheid met ’n straaltjie hoop
Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Die onlangse statistiek van Statistieke Suid-Afrika oor werksverliese in die formele, nie-landbou sektor bring kommerwekkende nuus. In die tydperk van Maart 2024 tot Maart 2025 het Suid-Afrika 95 000 werksgeleenthede verloor. Hierdie verliese dui nie net op ’n brose arbeidsmark nie, maar wys op ’n toenemende maatskaplike kwesbaarheid in…
Lees meerHonger vir Hoop-veldtog bring duisende borde kos én hoop
30 Mei 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Op Wêreldhongerdag het Solidariteit Helpende Hand en Pretoria FM nie net bewusmaking geskep oor die verskillende vorme van hongersnood in Suid-Afrika nie; hulle het ook daadwerklik gehelp om die nood te verlig. Met die tema “Honger vir Hoop” is daar Woensdag landswyd ‘n beroep op die publiek gedoen…
Lees meer