Trump se invoertariewe dreig om ‘n maatskaplike krisis te word

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Solidariteit Helpende Hand waarsku dat die jongste invoertariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse produkte ingestel het verreikende maatskaplike gevolge kan hê. Helpende Hand sê die 30% verhoging is nie net ‘n ekonomiese terugslag nie, maar ‘n krisis wat die werksmark, werkloosheid, voedselsekuriteit en die breër welsyn van gemeenskappe negatief…

Lees meer

Waarskuwing: Slenters raak al slimmer

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Solidariteit Helpende Hand waarsku die publiek om uiters waaksaam te wees vir slenters waarmee skelms hulself valslik voordoen as verteenwoordigers van betroubare instansies. Dit sluit welsynsorganisasies, banke, selfoonmaatskappye, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en selfs staatsinstansies in. René Roux, hoof van kommunikasie en woordvoerder van Helpende Hand, sê met…

Lees meer

Impak van werkverlies op gemeenskappe ’n donker werklikheid met ’n straaltjie hoop

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: Phillip Bruwer Die onlangse statistiek van Statistieke Suid-Afrika oor werksverliese in die formele, nie-landbou sektor bring kommerwekkende nuus. In die tydperk van Maart 2024 tot Maart 2025 het Suid-Afrika 95 000 werksgeleenthede verloor. Hierdie verliese dui nie net op ’n brose arbeidsmark nie, maar wys op ’n toenemende maatskaplike kwesbaarheid in…

Lees meer

Honger vir Hoop-veldtog bring duisende borde kos én hoop

30 Mei 2025 SOLIDARITEIT HELPENDE HAND MEDIAVERKLARING Op Wêreldhongerdag het Solidariteit Helpende Hand en Pretoria FM nie net bewusmaking geskep oor die verskillende vorme van hongersnood in Suid-Afrika nie; hulle het ook daadwerklik gehelp om die nood te verlig. Met die tema “Honger vir Hoop” is daar Woensdag landswyd ‘n beroep op die publiek gedoen…

Lees meer

Helpende Hand vereer afgetrede maatskaplike werkers vir lewenslange diens

Op Wêrelddag vir maatskaplike werk (18 Maart) het Solidariteit Helpende Hand die uitsonderlike bydraes van ‘n paar legendariese, uitgetrede maatskaplike werkers vereer. Dié maatskaplikewerkvoorlopers is tydens ‘n glansgeleentheid, Die Wil om te Help, by die Maison de Leo in Rietondale in Pretoria vereer. Die geleentheid was deel van Helpende Hand se Maatskaplike Maand-vieringe en het…

Lees meer

SA stuur op welsynstaat af

Solidariteit Helpende Hand spreek diepe kommer uit oor die land se toenemende afhanklikheid van maatskaplike toelaes, soos uiteengesit in minister Enoch Godongwana se begrotingstoespraak vir 2025. Die regering se totale besteding aan maatskaplike toelaes sal na verwagting van R285 miljard in die komende finansiële jaar tot R313 miljard in 2027-’28 styg. Dit is ‘n skerp…

Lees meer

Helpende Hand Studietrust steek R61 miljoen-mylpaal verby

Die Helpende Hand Studietrust het ‘n rekordbedrag van R61 miljoen toegeken om 1 170 studente se studiedrome vir die 2025 akademiese jaar te verwesenlik. Helpende Hand het sedert die ontstaan van sy Studietrust in 2009 reeds meer as 7 000 studente met finansiële hulp bygestaan. Tot op hede beloop die bydraes altesaam sowat R400 miljoen.…

Lees meer

[Mediaverklaring] Helpende Hand se droom vir 2024: Waardes wat werk

Solidariteit Helpende Hand, ‘n organisasie wat op die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van gemeenskappe fokus, het pas sy tema vir 2024 bekend gemaak: Waardes wat werk. Die organisasie wil sy personeel, taklede, ondersteuners en donateurs daarvan bewus maak dat hulle waardevol is omdat die Here hulle waardevol gemaak het, en dat hulle hul Christelike waardes…

Lees meer