HOOPDRAERS
Hilde Kruger, 2024
Wanneer die ligte af gaan, maar niemand dit sien nie.
En die stilte begin skree, maar niemand dit hoor nie.
Harte met gate in …
Bejaardes wat lanklaas kon sing …
Onsekerhede met vrae wat oorloop …
Leë oë vol wanhoop en vals hoop.
Donker wolke sonder silwer rande …
Hoe sal ons leef in ’n wêreld sonder ’n helpende hand?
Daar is mense met overalls aan …
Neem hul hande, dis tyd om op te staan.
Die laaste opsie, wat jou eerste kon wees.
’n Stem vir die kinders wat vergeet het hoe om kind te wees …
Tel mekaar op en laat mense in,
Sorg dat die verskil by jou begin.
Kyk na jou buurman en die een wat agter jou loop …
Met gemeenskapsontwikkeling skep ons weer hoop.
Staan vas …
Staan sterk …
God is besig om deur ons te werk.
Ons is kampvegters en fakkeldraers,
Die Hoopdraers van hoop.
Die maatskaplike werkers wat saam met jou die pad sal loop.
