Liewe Leser
Ons is terug en daar is nuwe ink in my pen.
Die wêreld is nie altyd eenvoudig nie en die paaie wat ons stap, kan soms hobbelrig wees.
Mag jy die lig in die donkerste hoeke vind en wéét dat jy nie alleen is nie.
Mag jy onthou dat jy sterk is en steeds hier hoort.
Mag jy tyd maak om aan jouself te dink – deur stil te raak en die eenvoudige mooiheid van die lewe weer raak te sien.
Mag ons meer lag, minder huil en leer hoe om lief te hê.
My wens vir jou, liewe Leser, is dat jy by God vrede sal vind wanneer die lewe se geraas jou wil insluk.
Ek wens vir jou ‘n jaar gevul met helder oomblikke en sagte herinneringe.
Welkom terug, liewe Leser.
Ek is bly jy is hier!
Hilde
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5
