Liewe Leser

‘n Bekende aanhaling van Jim Carrey lui soos volg: “As jy nie in die oomblik leef nie, sien jy óf uit na onsekerheid óf na pyn en spyt.” In ’n wêreld waar ons toekomsgerig dink en dikwels oorweldig voel deur die lewe se gejaag, vergeet ons soms om stil te staan, asem te skep en…

Lees meer

Helpende Hand vereer afgetrede maatskaplike werkers vir lewenslange diens

Op Wêrelddag vir maatskaplike werk (18 Maart) het Solidariteit Helpende Hand die uitsonderlike bydraes van ‘n paar legendariese, uitgetrede maatskaplike werkers vereer. Dié maatskaplikewerkvoorlopers is tydens ‘n glansgeleentheid, Die Wil om te Help, by die Maison de Leo in Rietondale in Pretoria vereer. Die geleentheid was deel van Helpende Hand se Maatskaplike Maand-vieringe en het…

Lees meer

Liewe Leser

Die volgende motiverende aanhaling doen die rondte op digitale platforms: “Jy hoef net twee mense in die lewe trots te maak: jou 8-jarige self en jou 80-jarige self. Hulle verteenwoordig verskillende stadiums van die lewe en dien as die herinneringe wat werklik saak maak.”  Ek is nie seker wie dit geskryf het nie, maar ek…

Lees meer

SA stuur op welsynstaat af

Solidariteit Helpende Hand spreek diepe kommer uit oor die land se toenemende afhanklikheid van maatskaplike toelaes, soos uiteengesit in minister Enoch Godongwana se begrotingstoespraak vir 2025. Die regering se totale besteding aan maatskaplike toelaes sal na verwagting van R285 miljard in die komende finansiële jaar tot R313 miljard in 2027-’28 styg. Dit is ‘n skerp…

Lees meer

10 maniere om meer geborge te voel

1) Leer ken jou bure Stel jou voor aan jou bure en bou ‘n vriendelike verhouding met mense in jou gemeenskap. Dit kan jou ‘n gevoel van veiligheid en ondersteuning gee. 2) Woon ‘n kerk- of gemeenskapsfunksie by Deur gereeld by geleenthede soos kerkdienste of gemeenskapsbyeenkomste aan te sluit, kan jy deel raak van ‘n…

Lees meer

Pleegsorg gee kinders stabiliteit en geborgenheid

Elke kind het ‘n innerlike behoefte om versorg te word, om veilig te voel en om te behoort. Ons is immers mens, en dus gemaak om te behoort. Die eerste plek waar ‘n kind hierdie geborgenheid beleef, is in die huisgesin. Wanneer kinders in die veilige hawe van hulle huisgesin geborgenheid ervaar, beleef hulle sekuriteit,…

Lees meer

Geestelike armoede, gemeenskappe en geborgenheid

Solidariteit Helpende Hand se visie is om volhoubare welstand vir die Afrikaner-gemeenskap te verseker. Dit wil ons met finansiële, sosio-emosionele, geestelike, fisiese en kulturele opheffing bewerkstellig. Ongelukkig is armoede in al hierdie lewensareas ‘n werklikheid en funksioneer dit dikwels interaktief. As jy byvoorbeeld finansieel swaarkry, kan jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly en net oorleefin plaas…

Lees meer

Hegte verhoudings – die fondasie van vroeë kinderontwikkeling

Kinders floreer in die warmte van liefdevolle verhoudings. Die veiligheid van sorg, aandag en vertroue laat hul wortels groei en hul vlerke vorm kry. Die eerste paar lewensjare is van kardinale belang vir ‘n kind se emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling. In hierdie tydperk vorm hulle hegte verhoudings met hul ouers, versorgers en onderwysers; dit…

Lees meer

Die welstand van ons gemeenskappe lê in volhoubare strukture van geborgenheid

Geborgenheid – sinoniem met “veiligheid, gerustheid, vastigheid, sekerheid”. Dit is woorde wat kalmte en tevredenheid oor ‘n mens bring as jy daaraan dink en jouself daarmee kan vereenselwig in jou beroep, jou gesin en jou gemeenskap. ‘n Geborge plek is ‘n plek waar alle mense ‘n diepgaande fisiese, emosionele en sosiale veiligheid, ondersteuning en aanvaarding…

Lees meer

Liewe Leser

Ek het heelwat sandkastele in my kinderdae gebou. Om ‘n sandkasteel op die strand te bou, was eenvoudig, want al wat ek nodig gehad het was, sand, water, ‘n emmer en grafie. My kinderhande het elke sandkasteel met sorg en geduld gebou, welwetende dat dit weerloos teen die krag van die see sou wees. Soms…

Lees meer