HELPENDE HAND NUUS EN MEDIA

HELPENDE HAND NUUS EN MEDIA

SKAKEL NA SOSIALE MEDIA

MEDIAVERKLARINGS EN BLOGS

Covid-19-entstof: stel kwesbares bó politieke speletjies

Phillip Bruwer Die welsynsorganisasie, Solidariteit Helpende Hand, het sy kommer uitgespreek dat politieke ideologie die verspreiding van Covid-19-entstof na kwesbare groepe kan belemmer. Dit volg nadat die Sondagkoerant, Rapport, berig het dat president Ramaphosa tydens ʼn virtuele vergadering tussen die ANC se top-ses en die Progressive Business Forum gesê het dat die verspreiding van entstowwe…

Die Help Hetta-projek Behoeftebepaling 2020

1. Inleiding Solidariteit Helpende Hand (voorts verwys na as Helpende Hand) is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Solidariteit Helpende Hand wil deur volhoubare ontwikkelingsprogramme en -projekte, opleiding, netwerkvorming en hulpbron-ontginning die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder. Een van…

#HelpHetta-projek; méér as net fisiese ondersteuning

#HelpHetta-projek; méér as net fisiese ondersteuning Hetta is ’n doodnormale 13 jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die Gr. 8 Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14 hokkiespan van die Hoërskool. Sy bloos saam met haar vriendinne in haar graad as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die…

Hoe se mens dankie? Só se mens dankie!

Helpende Hand stuur vandag ’n dankie-sê-veldtog van stapel. In die gejaagdheid van die daaglikse lewe is dit so maklik om die gewone hoflikhede te vergeet. Die gewoonte om dankie te sê verryk ongetwyfeld elke aspek van ʼn mens se lewe. Dit skep soveel geluk vir beide die gewer en die ontvanger. Helpende Hand glo daarin…

Monumentreeks opgedra aan W.H. Coetzer (gebore op 9 November 1900) #Monumentaal

Vandag se #Monumentreeks is vir ons werklik #monumentaal. Vandag vier ons die bekende Afrikaanse kunstenaar W. H. Coetzer se geboortedag. Willem Hermanus Coetzer is gebore op 9 November 1900 op Tarkastad in die Oos-Kaap. Hy is veral bekend vir sy stillewes en portrette oor die Suid-Afrikaanse leefstyl, kultuur en landskappe. W. H. Coetzer is deel…

Hoekom het hulle van my vergeet? (Vanuit SAVF-NUUSBRIEF)

Deur Anneliese Bothma  Dit was die vraag wat ons inwoners in die tyd van Covid-19 hoofsaaklik gepla het. Ons tehuis was vir drie weke in kwarantyn nadat ons ʼn Covid-19-uitbreking gehad het. Die inwoners kon nie hul families sien of met hulle praat of aanraak nie. Die virus het hierdie inwoners verwar en hulle kon dit…

Projek40

’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Boere Droogtehulp SA NPC Solidariteit Helpende Hand het tydens die Covid-19-inperking ontsettend baie hulp vanaf ons land se boere ontvang. Daar was boere wat tonne groente, vrugte, meel, vleis ensovoorts geskenk het om te sorg dat ons aan ons behoeftige gesinne landwyd kan voorsien. Die boere in ons…

ʼn Dagbeplanner met ʼn doel!

Die FroueVonds van Helpende Hand stel vir die eerste keer ʼn dagbeplanner vir 2021 bekend. Dié A5-grootte dagbeplanner (hardeband) word deur Finesse Voelgoed Tydskrif met inspirasies deur Lynette Beer uitgegee. Die FroueVonds Dagbeplanner 2021 kombineer styl en inspirasie, met ʼn bladsy per dag vir afsprake om jou in staat te stel om elke dag haarfyn…

Blom waar jy geplant is

-deur Tanya Rossouw- Ek het al dikwels die sê-ding “blom waar jy geplant is” gehoor. Jy moet blom – daar is vir my min dinge so mooi soos ’n blom.  Soms is daardie blom so pragtig, heeltemal foutloos – perfek.  Ek kan my verwonder aan pragtige blomme.  My ma het altyd gesê dat die Here…

Uit die dagboek van ‘n Maatskaplike Werker – Familie is nie altyd bloed nie

-Deur Marthie Maritz Ek het die voorreg gehad om in ‘n klein gemeenskap groot te word met baie familie rondom my.  Die hoofstraat was op ‘n stadium twee huise dan familie, twee huise weer familie en twee huise nog familie en dan is die einde van die straat daar.  Dit was ‘n fees om al…

Bemagtig ‘n Kind – So bemagtig ons, te danke aan ons ondersteuners

Deur Chandré Oosthuizen – Maatskaplike Werker Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ’n kind-fonds, poog om behoeftige kinders te verryk om hulle uit die sirkel van armoede te lig, en dit op ’n volhoubare manier te doen om armoede te verbreek. Die doel van die projek is om geleenthede vir kinders moontlik te maak…

Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker

Tanya Rossouw is ‘n maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand – Vrystaat Streek, deel met ons haar ervarings om mamma te wees in uitdagende tye. “Ek glo in God die Vader se vermoëns.  Ek glo dat Hy presies weet wat Hy doen.  Ek glo daarom dat elke vrou wat Hy nog ooit gemaak het, ‘n…