Vroue – Die stil generasie

Vroue uit verskillende generasies

Die stil generasie

Die stil generasie is voor 1945 gebore en het in die eerste helfte van die 20ste eeu gelewe. Hulle is grootgemaak in ‘n tydperk toe vroue se rol meestal beperk was tot die huis en gesin. Die gevolge van die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog het hul lewens beïnvloed.

Vroue uit dié generasie het dikwels die volgende sterkpunte:

  • ‘n Sterk waardestelsel
  • Veerkragtigheid
  • Kreatiwiteit en entrepreneurskap
  • Vindingrykheid in die huis
  • ‘n Sterk pligsbesef

Dié vroue gee hulle samewerking in die gemeenskap en is dikwels betrokke by liefdadigheid.

Die bekende digter, kunstenaar en skrywer, Sheila Cussons, is ‘n voorbeeld van ‘n vrou uit die Stil Generasie. Sy is deur ‘n gasonploffing in haar kombuis vermink. Na twee jaar in die hospitaal het sy tuisgekom met net een been en al haar vingers was net stompies. Tog het dit haar nie gekeer om haar Godgegewe talente te benut nie. Sy het verskeie literêre toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

Die stoel en die beker

Maar as U hier sou binnekom,

so lank dat ek dink U moet buk

en U buk nie, so heer dat U ‘n troon

maak van my skewe stoel, so God

dat u lig ‘n grasie verleen

aan die skamel ameublement van my gees

so, dat ek dit nie anders ooit weer

sou wou sien nie – hoe sal ek dan

by die besef dat ek my meer

vir my verstand geskaam het as ooit

vir my siel: hoe sal ek vir U skink

tensy U self die beker van my nooddruf,

man van Kana, uit my hande neem?

Sheila Cussons (Uit Die sagte sprong, 1979)