Vroue – Generasie X

Vroue uit verskillende generasies

Generasie X

Generasie X is tussen 1965 en 1980 gebore. Hierdie generasie vroue beleef groter gelykheid in die werkplek en baie beoefen beroepe wat voorheen net deur mans beoefen is. Hulle worstel dikwels om ‘n balans tussen hulle loopbaan en gesin te handhaaf en ervaar hoe die gesinsdinamika mettertyd verander.

Vroue uit dié generasie het dikwels die volgende sterkpunte:

  • Kreatiwiteit en innoverende denke
  • Onafhanklikheid en selfstandigheid
  • Sterk tegnologiese vaardighede
  • Veerkragtigheid in tye van verandering

Dié vroue werk hard om hulle loopbaan en gesinsverantwoordelikhede te balanseer.

Alison Botha, ‘n slagoffer wat ‘n gewelddadige aanranding en poging tot moord wonderbaarlik oorleef het, is ‘n voorbeeld van ‘n Generasie X-vrou. Sy inspireer mense reg oor die wêreld met haar veerkragtigheid en wil om te lewe.

No matter the circumstances, you always control your attitude, your beliefs and the choices you make.

Alison Botha.