Vroue – Generasie Z

Vroue uit verskillende generasies

Generasie Z

Generasie Z is tussen 1997 en 2012 gebore en beleef ‘n era van ongekende vooruitgang van sosiale media en op tegnologiese gebied. Hulle raak toenemend bewus van sosiale en kulturele kwessies soos vroueregte en feminisme.

Vroue uit dié generasie het dikwels die volgende sterkpunte:

  • Sterk ambisie
  • Sterk digitale vaardighede
  • Goeie entrepreneursvaardighede
  • Veerkragtigheid in tye van verandering

Dié vroue is oop vir nuwe idees en bevraagteken tradisionele sienings. Hulle glo in gelykheid en respek vir almal, ongeag hul agtergrond of identiteit, en is daarom aktief betrokke by die bevordering van sosiale geregtigheid.

Bernice West is ‘n generasie Z-vrou wat jongmense met haar sprankelende persoonlikheid en geloof in God inspireer.

Die Here het jou mooi gemaak. Hy het jou baie mooi gemaak. Mag jy besef dat geen sosiale media of enigiemand met wie jy jouself vergelyk ‘n enkele bietjie wegvat van dit wat die Here jou gemaak het nie. Jy is die moeite werd!

Bernice West