#Hoopdraer 2024

In 2023 het ons streeks- maatskaplike werkers opgemerk dat daar 'n toenemende behoefte is aan inligting oor die proses van maatskaplike aanmeldings van die mishandeling en verwaarlosing van kinders, bejaardes en persone met gestremdheid en die gepaardgaande statutêre prosedures. Hierdie behoefte dui op 'n groeiende vraag na duidelike riglyne en ondersteuning vir besorgde gemeenskapslede. Ons het dus besluit om 'n peiling op sosiale media te doen om vas te stel wat die breër publiek se mening is.

In Maart vier ons Maatskaplikewerkersdag en daarom plaas Solidariteit Helpende Hand klem op die maatskaplikewerkberoep en die essensiële rol van maatskaplike werkers in die gemeenskap. Hierdie jaar fokus ons veral op maatskaplike werkers se betrokkenheid by die beskerming van kwesbare groepe, insluitend kinders, bejaardes en persone met gestremdhede. Ons doelwit is om gemeenskapslede met kennis toe te rus en 'n positiewe impak te maak deur bewustheid te kweek, begrip te bevorder en gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig.

Die peiling wys daarop dat die breër gemeenskap onseker is van wat maatskaplike aanmeldings behels, waarom dit die verantwoordelikheid van die gemeenskap is om aan te meld en waar om aanmeldings te maak. Dit is ook belangrik dat die publiek verstaan wat beskerming van kwesbare groepe beteken.

Solidariteit Helpende Hand wil 'n platform skep om die gemeenskap se aandag te fokus op die belangrike rol van die versorging en beskerming van kwesbare groepe. Hierdie veldtog het ten doel om begrip te bevorder van individue se verantwoordelikheid in die gemeenskap en hoe om toe te tree wanneer daar 'n behoefte is om kwesbare groepe te beskerm.

Ons inisieer 'n inligtingsveldtog oor die korrekte stappe tydens die maatskaplike aanmeldingsproses met die doel om helderheid te bring en die nodige ondersteuning te bied. Ons is toegewyd aan die bemagtiging van individue met inligting en begeleiding en wil met hierdie inligtingsveldtog 'n positiewe impak op die gemeenskap maak.

Ons wil gemeenskappe bewus maak van hul waarde in die oë van die Here en hulle aanmoedig om hulle waardes uit te leef. Die veldtog sluit aan by Solidariteit Helpende Hand se tema vir 2024: Waardes wat Werk. Dit roep die gemeenskap op tot 'n aktiewe rol in die ondersteuning van waardegedrewe inisiatiewe.

Artikels

Dankbare harte

25 March, 2024

Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker As maatskaplike werker bly ek nederig dankbaar vir die geleentheid om my beroep te kan beoefen en daardeur my drome en passie te kan uitleef. Die lewe vat jou soms deur baie slaggate, moeilike omstandighede en uitdagings, en as ek terugkyk op my lewe as mamma, vrou en…

Lees meer...

Die wil om te help

6 March, 2024

Deur René Roux Adjunk- Uitvoerende Hoof Media en Woordvoering: Solidariteit Helpende Hand Hier staan ons weer aan die begin van Maart. Elke jaar in Maart vier ons Die Wil om te Help, ons vier maatskaplike werkers, en ons dink aan die opofferings wat hulle maak en die werk wat hulle doen omdat hulle geroep is…

Lees meer...

‘n Stem vir kindwees

26 February, 2024

Dané Kotze As student het ek die geleentheid gehad om groepwerk te doen met hoërskoolkinders wat as moeilikheidmakers bestempel is. Hierdie storie oor daardie groep kinders is so na aan my hart dat ek dit nooit sal vergeet nie. Een seun in my groep is deur almal, ook die ander kinders, as die stoutste in…

Lees meer...

Hoe beskerm jy die kwesbares?

26 February, 2024

Weet jy wat om te doen as jy vermoed kinders, bejaardes of persone met gestremdhede word verwaarloos of mishandel? Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers kry die afgelope tyd baie navrae vanuit die gemeenskap oor die proses van maatskaplike aanmeldings van mishandeling en verwaarlosing van kinders, bejaardes, en persone met gestremdhede. “Weens die groeiende vraag…

Lees meer...

Doen jou deel. Meld kindermishandeling aan!

26 February, 2024

Wanneer die woord “kindermishandeling” gehoor word, is baie mense geneig om hulle koppe weg te draai en anderpad te kyk, want dit is bloot net te seer om te hoor. Die realiteit is dat kindermishandeling in alle gemeenskappe voorkom en dit kan heel moontlik by jou bure ook plaasvind – agter geslote deure waar niemand…

Lees meer...

Die realiteit van bejaardemishandeling

26 February, 2024

Bejaardes speel ’n belangrike rol in gesinne, families en gemeenskappe veral omdat hulle kennis en vaardighede het om te deel. Solidariteit Helpende Hand het die afgelope tyd verskeie versoeke gekry om hulp te bied aan bejaardes wat moontlik blootgestel is aan mishandeling. Dit is dus duidelik dat bejaardemishandeling ’n groeiende maatskaplike kwessie is. Wat is…

Lees meer...

‘n Goedvoel-storie

26 February, 2024

Oor die jare het ek al ‘n geheue-repertoire van die ervarings tydens my loopbaan as maatskaplike werker opgebou. Die meeste stories het baie hartseer begin, maar heelwat daarvan het gelukkig geëindig. Ek wil ek graag vir julle een van die stories vertel. ‘n Persoon uit die gemeenskap het ons ingelig oor Patricia (skuilnaam), 4 jaar…

Lees meer...