Posts by leonie
BRIEF 141: ‘n Hart wat begrip en dankbaarheid kies
BRIEF 140: DIENSBAARHEID BRING VRYHEID
Liewe Leser In vandag se wêreld leer ons dikwels om ons eie behoeftes eerste te stel. Ons jaag na sukses, erkenning en sekuriteit of probeer bloot oorleef in ‘n deurmekaar samelewing. Prestasie word maklik gelykgestel aan waarde, en ons voel belangrik wanneer ons dinge bereik. Vanuit ‘n geloofsperspektief is dit egter duidelik dat God nie…
Lees meerBRIEF 139: Daar is dankbaarheid in dié wat rou
Liewe Leser Op die plaas is daar heelwat voëls. Die afgelope Desember het ons meer as 14 spesies in ons tuin gesien – kraaie, ooievaars, swaeltjies, suikerbekkies, kwiksterte, mossies en heelwat meer. Elke voël het sy eie simboliek. Wanneer ek die kraaie en ooievaars sien, laat dit my altyd dink aan die kontras tussen…
Lees meerBRIEF 138: Die lewe is kort
Liewe Leser Ek het verlede jaar paaie gekruis met dié van ‘n vriend in Graaff-Reinet. Sedertdien gesels ons as penmaats deur vir mekaar briewe te skryf. Uit sy briewe het dit vir my duidelik geword dat hy ‘n Godvresende man is wat nie bang is om God se naam te verheerlik nie. Uit al sy…
Lees meerBRIEF 137: Die lewe en sy dinge
Liewe Leser Ek het onlangs ‘n nota in my veldjoernaal gemaak van ‘n plasing wat ek raakgelees het: “Soms gaan ons net deur dinge, omdat dinge dinge is …” Soms voel die lewe ‘n bietjie oorweldigend, nie omdat ons ‘n katastrofe beleef het nie, maar omdat dinge net gebeur. Dis rekeninge, konflik tussen vriende, frustrasie…
Lees meerBRIEF 136: ‘n Student se lig
Liewe Leser In my 20’s het ek baie selfondersoekende vrae gehad. Vrae soos: Waarom is ek hier? Wat kan ek doen om ‘n verskil te maak? Wie wil ek vir ander wees en wat hou my terug? Soms was hierdie vrae oorweldigend en selfs ‘n bietjie intimiderend, want dit vra van my om nie net…
Lees meerBRIEF 135: Wat ‘n boer nie vergeet nie
Liewe Leser Verlede jaar het Solidariteit Helpende Hand se Wes-Kaap-streek mooi stories oor hul gemeenskapsprojekte gedeel. Een storie het in die besonder vir my uitgestaan … By Huis Jan Lange het mense, jonk en oud, met en sonder gestremdhede, hand aan hand saam begin stap – letterlik! Die doel van daardie stap-geleentheid was om die…
Lees meerLIEWE LESER: ONS IS TERUG
Liewe Leser Op die plaas vind ek sielsrus in die natuur. Dis ‘n plek omring met berge, bosbouplantasies en melkkoeie wat in die velde wei. Ek het onlangs vir ‘n vriendin in die Kaap vertel dat ek elke dag na die berge verlang, want daar is iets aan ‘n berg wat ‘n mens stil maak…
Lees meerBRIEF 132: 2025 In ‘n neutedop
Soos die jaar tot ‘n einde kom, kyk ons terug op ‘n tyd van uitdagings én groei. Hierdie jaar het ons herinner aan die waarde van hande wat saamwerk en harte wat glo. Soms is ons deur uitdagende seisoene en soms het ons bekers oorgeloop. Ongeag die seisoene in hierdie jaar, was daar altyd hoop…
Lees meerBRIEF 131: WAAR ONS GEPLAAS IS
In ‘n tyd waar soveel stemme hard praat en elkeen sy eie belang probeer bevorder, is dit belangrik om weer stil te staan en te besef dat die lewe nie altyd oor jou gaan nie. Dit gaan oor die stille getrouheid waarmee ons elke dag leef, werk en dien in die gemeenskap waar God ons…
Lees meer