Nuus en Media

Uit die dagboek van ’n maatskaplike werker: Hier’s my hand.

Carol Ankiewicz Uit die dagboek van ’n maatskaplike werker: Hier’s my hand. As maatskaplike werker het jy die voorreg om eerstehands te beleef hoe mense hul lewe kan omdraai en ’n beter toekoms vir hulself bou. Jy is ook betrokke by die wonderwerk van gemeenskapskrag. Onlangs het ek die voorreg gehad om werklik die krag…

Uit die dagboek van ’n maatskaplike werker: Die wêreld binne my

Uit die dagboek van ’n maatskaplike werker: Die wêreld binne my Bianca Steyn Die Afrikaanse groep Spoegwolf se liedjie, Voel jy dit ook?, voel of dit vir ons as maatskaplike werkers geskryf is. Die woorde pas ons beroep soos ‘n handskoen. Musiek, nes foto’s, spreek boekdele en met die lirieke van die liedjie gaan ek…

Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker: Maak ek ‘n verskil?

Marna Swanepoel Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker: Maak ek ‘n verskil? My ouma het altyd gesê: “Elke klein druppeltjie tel …” Jare daarna wonder ek nog steeds elke aand as ek in die bed klim: Tel my druppeltjie? Maak EK ’n verskil in iemand se lewe? Jare gaan verby, en snags bly spook…

“Tannie, hoekom doen jy maatskaplike werk?”

CHARMANAY DE KLERK Uit die dagboek van ‘n maatskaplike werker: “Tannie, hoekom doen jy maatskaplike werk?” Ek gesels eendag met ’n 15-jarige dogter oor diep gebeurtenisse in haar lewe. Ons sit in die kamer, nie baie groot nie, waar sy, haar stiefma, stiefpa en boetie van 6 jaar woon. Hulle woon saam met 30 ander…

Liewe Leser

Brief 5 Liewe Leser Een van die onderliggende behoeftes waarmee ons almal sit, is om iewers te hoort. Ons heg waarde aan plekke, want dis waar die herinneringe geskep is. Vandag skroom ons nie om foto’s te neem nie – hoofsaaklik omdat ons die herinneringe graag sal wil saamneem en omdat ons weet dat plekke…

Liewe Leser

Brief 4 #LieweLeser In my kinderdae was ek ’n nuuskierige kleinkind met ’n groot lus vir die lewe. Ek het baie vrae gehad, altyd kaalvoet geloop en dikwels kanse gewaag. My ouma het dit geweet en die lewe vir my interessant  gehou. Soms het sy lekkertjies in ’n skoon snesie toegedraai, onder my kopkussing gebêre…

Liewe Leser

Brief 3 #LieweLeser Valentynsdag lê op die drumpel en alhoewel dié maand in die besonder ‘n romantiese ondertoon het, weet ons dat die afwesigheid van liefde onmiskenbaar kan wees. Om jou naaste soos jouself lief te hê, is uitdagend – veral as jy nie jouself lief het nie. Soms gee ons meer van onsself as…

Liewe Leser

Brief 2 Liewe Leser Met Januarie wat agter ons is, verwelkom ons Februarie met ope arms. Een van my pogings is om suiwer Afrikaans te gebruik met die doel om dit by ander mense aan te moedig. Helpende Hand doen dit ook. Interessant genoeg is Afrikaans die enigste taal ter wêreld wat met monumente vereer…

Liewe Leser

Brief 1 Liewe Leser Uit ‘n swaar pen, hoop ek dat hierdie brief jou eendag sal bereik soos wat dit my verlaat. Jy het al baie briewe ontvang, maar as jy mooi lees, sal jy agterkom dat hierdie brief kan praat. In ’n wêreld wat besig is om te verkrummel, verstaan ons waarom die kerkbanke…