Baie-welkom
posseel-870x1024

LIEWE LESER

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

LEES BRIEWE

Brief 170: Alles sal regkom

5 October, 2026

#LieweLeser Sommige dae voel die lewe vir my soos een groot, deurmekaar legkaart. ‘n Duisend stukkies wat net nie in mekaar pas nie, want planne val uitmekaar en die antwoorde bly weg. Soms is dit loodswaar – veral op die dae wat gebede stil voel. Wanneer die lewe my plattrek,…

Brief 167: Môre se moontlikhede

14 September, 2026

#LieweLeser Ek het onlangs eers uitgevind dat my voorouers met koring geboer het. Ek was in die veld en het opnuut weer na die wêreld om my gekyk en ‘n prentjie probeer skep van hoe dit sou lyk as alles met goue koringare bedek was. Vir my as prentjie-mens sou…

BRIEF 165: Buite jou beheer

31 August, 2026

#LieweLeser ‘n Paar maande terug het ek ‘n moeilike seisoen ervaar. Dit was ‘n tyd van afskeid, verlies en veranderinge wat ek nie kon beheer nie. Soms bring die lewe draaie waarvoor niemand regtig voorberei kan wees nie. Die enigste ding waaroor ek beheer gehad het, was hoe ek die…

BRIEF 164: Die lewe gaan aan

24 August, 2026

#LieweLeser ‘n Paar maande terug het ek ‘n moeilike seisoen ervaar. Dit was ‘n tyd van afskeid, verlies en veranderinge wat ek nie kon beheer nie. Soms bring die lewe draaie waarvoor niemand regtig voorberei kan wees nie. Die enigste ding waaroor ek beheer gehad het, was hoe ek die…

BRIEF 163: Genoeg

17 August, 2026

#LieweLeser Ek lees tans The Psychology of Money deur Morgan Housel. Baie interessant. In die boek vertel die skrywer van ‘n gesprek tussen Kurt Vonnegut en Joseph Heller by ‘n partytjie op Shelter Island. Die gasheer was ‘n verskansingsfondsbestuurder wat op daardie een dag meer geld gemaak het as wat…

DIE DEUGSAME VROU

10 August, 2026

Die Deugsame Vrou Haar stem is stil, haar hart is sterk – Dis God se wil wat deur haar werk. “‘n Deugsame vrou, wie sal haar vind?” so fluister Spreuke in die wind. Meer werd as korale blink haar waarde, haar lewe getuig van God se genade. Soos Debora wat…

Brief 169: Spinnerakke van die lewe

7 August, 2026

#LieweLeser My pa het ‘n paar jaar terug aan ons verduidelik dat een van ‘n paar dinge kan gebeur as ‘n stadsjapie op ‘n plaas aankom: Jy gaan van die plaaslewe hou en daarby aanpas. Of nie. My pa het ons geleer om ondersoekend na die lewe te kyk. Om…

BRIEF 161: Die buurman wat nooit gekla het nie

27 July, 2026

#LieweLeser Daar trek toe dié week ‘n ou oom uit ons straat uit. My buurman. Dis nie iemand wat groot geraas gemaak het nie en ook nie iemand wat bekend was vir indrukwekkende motors of luukse kuiers nie. Net ‘n eenvoudige, bejaarde man wat stadig gestap het, altyd netjies aangetrek…

BRIEF 160: Jou gawes het waarde

20 July, 2026

#LieweLeser Ek het ‘n jong vriend wat baie ure aan sy werk toewy. Sy werksdag begin net voor sonop en eindig eers weer laataand. Hy kla nie en noem net soms dat hy moeg is … moeg, maar gelukkig. Dit was vir my baie gou duidelik dat hy lief is…