LIEWE LESER
Liewe Leser
Baie welkom. Ek is bly jy is hier.
Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.
Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.
Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.
Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.
Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.
Hilde
Helpende Hand
VERSTERK JOU GREEP HIER
LEES BRIEWE
Brief 153: Liewe Mila
Liewe Mila Jy is nie net ‘n hond nie, jy is ‘n helper ‘n trooster en ‘n stil heldin in ‘n wêreld wat jou nodiger het as wat jy dalk besef. Jou sagte oë en rustige teenwoordigheid bring lig in plekke waar daar soms swaarkry en onsekerheid is. Jy stap…
BRIEF 151: Haar brug is gebou
#LieweLeser Ek het onlangs die voorreg gehad om ‘n ma en haar kind se storie te hoor. Dit is die soort storie wat nie net gehoor word nie, maar in jou hart kom lê en jou lank daarna nog laat nadink. Die ma het teruggedelf na haar kind se kleuterskooljare…
BRIEF 150: Die liefde van ‘n ma
Liewe Moeder Die Bybel sê dat ‘n vrou wat die Here dien, geprys moet word … As ek na Ma se lewe so staan en kyk, verstaan ek wat dié vers vir ons sê. Ma het nie net vir my geleer hoe om te leef nie, maar ook om te…
BRIEF 149: Ons Winkel
Liewe Leser Ek het die voorreg gehad om in ‘n huis met Christelike waardes groot te word. Oor die algemeen is ek dankbaar vir alles wat my ouers vir my en my broer en suster gedoen het. Om uit ‘n huis met waardes en beginsels te kom, het vir my…
BRIEF 148: Volharding verseker ‘n vol hart
Liewe Leser Daar was al oomblikke in my lewe wat ek aan God erken het dat Hy vir my te ver voel, want om dit aan Hom te erken, was my manier om te sê dat ek nie besig was om reg te leef nie. Die afstand tussen my en…
BRIEF 147: Volhoubare Diensbaarheid
Liewe Leser Daar is tye in die lewe wanneer jy voel dat die wêreld toets of jou skouers die las kan dra. Soms wissel dit tussen verantwoordelikhede by die werk en die huis, in ander gevalle lê dit in die verwagtinge van jou gemeenskap, jou familie en jou vriende. In…
Brief 146: Diensbaarheid is nie ‘n transaksie nie
Liewe Leser Ek het Job al ‘n paar keer deurgelees. In vergelyking met ander Bybelse boeke is dit nie ‘n baie lang verhaal nie, maar die lesse wat ons daaruit kan leer, kan ons beslis toepas. In ‘n neutedop kan ons Job se storie in drie sinne opsom: Job ly.…
BRIEF 145: Diensbare Donateurs
Liewe Leser Ek het ‘n rukkie terug gelees dat die grootste daad van diensbaarheid soms is om iemand anders se droom ernstig op te neem. Ek moes eers ‘n bietjie daaroor dink, want ons almal het tog drome en die verantwoordelikheid om dit self na te streef. Waarom op iemand…
BRIEF 144: #JyGeeHoop #JySkepHoop #JyIsHoop
Liewe Leser Hoop is nie ‘n sagte gevoel wat net op mooi dae bestaan nie. Ware hoop word gebore in tye van druk wanneer geloof ‘n daad word en vertroue ‘n keuse. In die Christelike lewe is hoop onlosmaaklik verbind aan diensbaarheid, want hoop wat nie dien nie, bly onvolledig.…
