Baie-welkom
posseel-870x1024

LIEWE LESER

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

LEES BRIEWE

BRIEF 149:  Ons Winkel

4 May, 2026

Liewe Leser Ek het die voorreg gehad om in ‘n huis met Christelike waardes groot te word. Oor die algemeen is ek dankbaar vir alles wat my ouers vir my en my broer en suster gedoen het. Om uit ‘n huis met waardes en beginsels te kom, het vir my…

BRIEF 148:  Volharding verseker ‘n vol hart

27 April, 2026

Liewe Leser Daar was al oomblikke in my lewe wat ek aan God erken het dat Hy vir my te ver voel, want om dit aan Hom te erken, was my manier om te sê dat ek nie besig was om reg te leef nie. Die afstand tussen my en…

BRIEF 147: Volhoubare Diensbaarheid

20 April, 2026

Liewe Leser Daar is tye in die lewe wanneer jy voel dat die wêreld toets of jou skouers die las kan dra. Soms wissel dit tussen verantwoordelikhede by die werk en die huis, in ander gevalle lê dit in die verwagtinge van jou gemeenskap, jou familie en jou vriende. In…

Brief 146: Diensbaarheid is nie ‘n transaksie nie

13 April, 2026

Liewe Leser Ek het Job al ‘n paar keer deurgelees. In vergelyking met ander Bybelse boeke is dit nie ‘n baie lang verhaal nie, maar die lesse wat ons daaruit kan leer, kan ons beslis toepas. In ‘n neutedop kan ons Job se storie in drie sinne opsom: Job ly.…

BRIEF 145: Diensbare Donateurs

6 April, 2026

Liewe Leser Ek het ‘n rukkie terug gelees dat die grootste daad van diensbaarheid soms is om iemand anders se droom ernstig op te neem. Ek moes eers ‘n bietjie daaroor dink, want ons almal het tog drome en die verantwoordelikheid om dit self na te streef. Waarom op iemand…

BRIEF 144: #JyGeeHoop #JySkepHoop #JyIsHoop

30 March, 2026

Liewe Leser Hoop is nie ‘n sagte gevoel wat net op mooi dae bestaan nie. Ware hoop word gebore in tye van druk wanneer geloof ‘n daad word en vertroue ‘n keuse. In die Christelike lewe is hoop onlosmaaklik verbind aan diensbaarheid, want hoop wat nie dien nie, bly onvolledig.…

BRIEF 143: JOU NAAM

23 March, 2026

Liewe Leser ‘n Ou grappie wat nou nog in my vriendekringe voortleef, is dat ek op ‘n stadium gedink het dat die naam “Anoniem” is direk aan een persoon gekoppel en dat dié persoon, na my beskeie mening, boonop nog wys ook is. Ek het later eers besef dat “anoniem”…

BRIEF 142: Die diensbaarheid van ‘n maatskaplike werker

16 March, 2026

Liewe Leser ‘n Vriend het een keer vir my gesê as jy hulp by die kerk nodig het, moet jy altyd eerste vir die besigste en mees betrokke kerk-tannie vra, want sy sal die vermoë hê om tyd vir jou te maak. Dis darem ‘n besonderse gawe – om tyd…

BRIEF 141: ‘n Hart wat begrip en dankbaarheid kies

9 March, 2026