Baie-welkom
posseel-870x1024

LIEWE LESER

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

LEES BRIEWE

BRIEF 141: ‘n Hart wat begrip en dankbaarheid kies

9 March, 2026

BRIEF 140: DIENSBAARHEID BRING VRYHEID

2 March, 2026

Liewe Leser In vandag se wêreld leer ons dikwels om ons eie behoeftes eerste te stel. Ons jaag na sukses, erkenning en sekuriteit of probeer bloot oorleef in ‘n deurmekaar samelewing. Prestasie word maklik gelykgestel aan waarde, en ons voel belangrik wanneer ons dinge bereik. Vanuit ‘n geloofsperspektief is dit…

BRIEF 139: Daar is dankbaarheid in dié wat rou

23 February, 2026

Liewe Leser Op die plaas is daar heelwat voëls. Die afgelope Desember het ons meer as 14 spesies in ons tuin gesien – kraaie, ooievaars, swaeltjies, suikerbekkies, kwiksterte, mossies en heelwat meer.   Elke voël het sy eie simboliek. Wanneer ek die kraaie en ooievaars sien, laat dit my altyd…

BRIEF 138: Die lewe is kort

16 February, 2026

Liewe Leser Ek het verlede jaar paaie gekruis met dié van ‘n vriend in Graaff-Reinet. Sedertdien gesels ons as penmaats deur vir mekaar briewe te skryf. Uit sy briewe het dit vir my duidelik geword dat hy ‘n Godvresende man is wat nie bang is om God se naam te…

BRIEF 137: Die lewe en sy dinge

9 February, 2026

Liewe Leser Ek het onlangs ‘n nota in my veldjoernaal gemaak van ‘n plasing wat ek raakgelees het: “Soms gaan ons net deur dinge, omdat dinge dinge is …” Soms voel die lewe ‘n bietjie oorweldigend, nie omdat ons ‘n katastrofe beleef het nie, maar omdat dinge net gebeur. Dis…

BRIEF 136: ‘n Student se lig

2 February, 2026

Liewe Leser In my 20’s het ek baie selfondersoekende vrae gehad. Vrae soos: Waarom is ek hier? Wat kan ek doen om ‘n verskil te maak? Wie wil ek vir ander wees en wat hou my terug? Soms was hierdie vrae oorweldigend en selfs ‘n bietjie intimiderend, want dit vra…

BRIEF 135: Wat ‘n boer nie vergeet nie

26 January, 2026

Liewe Leser Verlede jaar het Solidariteit Helpende Hand se Wes-Kaap-streek mooi stories oor hul gemeenskapsprojekte gedeel. Een storie het in die besonder vir my uitgestaan … By Huis Jan Lange het mense, jonk en oud, met en sonder gestremdhede, hand aan hand saam begin stap – letterlik! Die doel van…

LIEWE LESER: ONS IS TERUG

12 January, 2026

Liewe Leser Op die plaas vind ek sielsrus in die natuur. Dis ‘n plek omring met berge, bosbouplantasies en melkkoeie wat in die velde wei. Ek het onlangs vir ‘n vriendin in die Kaap vertel dat ek elke dag na die berge verlang, want daar is iets aan ‘n berg…

BRIEF 132: 2025 In ‘n neutedop

1 December, 2025

Soos die jaar tot ‘n einde kom, kyk ons terug op ‘n tyd van uitdagings én groei. Hierdie jaar het ons herinner aan die waarde van hande wat saamwerk en harte wat glo. Soms is ons deur uitdagende seisoene en soms het ons bekers oorgeloop. Ongeag die seisoene in hierdie…